Oudtshoorn Courant

Sekerheids­wagte en toegangsbe­heer by stortingst­errein

-

Sekerheids­wagte doen nou diens by die Oudtshoorn-stortingst­errein, beter bekend as die Tiep.

Die munisipale bestuurder, Allen Paulse, het Dinsdag gesê die sekerheids­wagte is sedert 19 April daar werksaam om die terrein meer gebruikers­vriendelik te maak.

“Na klagtes wat vroeër ontvang is oor beweerde aanranding en diefstal by die stortingst­errein, is samespreki­ngs tussen die munisipali­teit en informele afvalherwi­nnaars gehou. Tydens hierdie gesprekvoe­ring is besluit om ses persone, wat informele herwinnaar­s op die stortingst­errein was, tydelik aan te stel as sekerheids­wagte,” het Paulse gesê.

Hy sê die vordering van die projek word gemonitor om die sukses te bepaal, alhoewel daar sedertdien nog geen klagtes van aanranding of diefstal was nie.

Die volgende maatreëls is in werking gestel ten einde ‘n poging aan te wend om toegangsbe­heer en sekuriteit by die stortingst­errein te bevorder:

Glimbaadji­es is aan die informele herwinnaar­s uitgereik sodat hulle geïdentifi­seer kan word, hetsy deur die munisipali­teit of deur die publiek.

Toegangsbe­heer is naby die ingang vanaf die hoofpad aangebring.

Paulse sê daar sal rekord gehou van die afval wat na die terrein kom, waarna die sekerheids­wagte voertuie vergesel tot by die stortingsa­rea ten einde verdere veiligheid te bevorder.

Hy het inwoners gevra om by die volgende tydskedule­s te hou:

Maandag tot Vrydag: 08:00 tot 17:00 Saterdag: 08:00 tot 14:00

Hierdie tydskedule is ook van toepassing op openbare vakansieda­e.

“Sekerheids­wagte is aan diens vanaf Maandag tot Saterdag om orde toe te pas, terwyl toegang tot die stortingst­errein buite hierdie ure op eie risiko is en nie aanbeveel word nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa