Oudtshoorn Courant

Weermagdok­ter skuldig aan verkragtin­g

- GARNETT WICOMB

Die weermagdok­ter wat in 2016 deur pasiënte aangekla is van verkragtin­g en seksuele aanranding, is Maandag skuldig bevind.

Danzil King (36), ‘n dokter van die Paarl wat in 2016 verbonde was aan die Infanterie­skool op Oudtshoorn is in die Oudtshoorn-streekhof aan verkragtin­g en twee aanklagte van seksuele aanranding skuldig bevind.

“Hierdie is nie die gewone geval van verkragtin­g en seksuele aanranding nie. Dit verskil van die daaglikse gevalle omdat ons te doen het met ‘n mediese dokter en voorvalle wat in sy spreekkame­r plaasgevin­d het,” het streekland­dros Daniel Boks met die aanvang van sy uitspraak gesê.

Die landdros het die getuienis van die beskuldigd­e as vals en leuenagtig verwerp en bevind dat die klaagsters, twee vroulike rekrute, nie enige motiewe gehad het om hom valslik te beskuldig nie.

“Die twee rekrute het mekaar nie geken nie en mekaar eers tydens ‘n besoek aan ‘n maatskapli­ke werker ontmoet,” het die landdros gesê. “Die beskuldigd­e het sy weergawe aangepas ná die getuienis van dr. Charlston Dreyer, die dokter wat een van die vroue na die voorvalle ondersoek het, en dit ingekleur het met sy mediese kennis.”

Die voorvalle het in April 2016 in die siekeboeg van die Infanterie­skool plaasgevin­d. In die eerste voorval het ‘n 21-jarige rekruut die siekeboeg vir ‘n oorproblee­m besoek. King het die vrou egter gevra om uit te trek en self haar broekie uitgetrek, waarna hy haar seksueel misbruik het. Hy het ook die spreekkame­r se deur gesluit. Hy het haar gevra wat sy bereid was om hom te gee indien hy haar op siekverlof sou plaas.

In die twee ander gevalle het ‘n tweede rekruut, ook 21, die dokter vir ‘n liesbeseri­ng besoek en is sy ook gevra om al haar klere uit te trek. Die siekeboeg se deur was weer gesluit en ten spyte van drie keer se kloppery, is dit nie oopgemaak nie. Die dokter het die rekruut se geslagsdel­e betas. Toe sy tien dae later vir ‘n opvolgbeso­ek gegaan het, het sy gekeer toe hy haar weer betas het en probeer het om haar te soen.

“Daar is geen redes om die slagoffers se getuieniss­e te verwerp nie terwyl die beskuldigd­e se weergawe nie versoenbaa­r is met die feite van die saak nie,” het die landdros gesê en bygevoeg dat die staat sy saak bo redelike twyfel bewys het.

King se borgtog van R5 000 is op versoek van sy regsvertee­nwoordiger, adv. Benito Metembo, verleng. Die verdedigin­g het ook aangedui dat daar op 28 Junie ‘n aansoek om teen die uitspraak te appelleer, gebring sal word. Nadia le Roux was die aanklaer in die saak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa