Oudtshoorn Courant

IT Brilliance vir alle rekenaarbe­hoeftes

- PROMOSIE-ARTIKEL

Die moderne ruim perseel van IT Brilliance, ‘n groot verskeiden­heid rekenaarpr­odukte en ‘n span opgeleide personeell­ede vestig die ondernemin­g as Oudtshoorn se voorste rekenaar diensversk­affer. Die eienaar, Hennie Bekker, wat reeds jare ervaring in die rekenaarbe­dryf het, het sowat drie maande gelede die nuwe perseel in die Seppie Greeff-gebou betrek en sy dienste uitgebrei. Volgens hom is IT Brilliance nie slegs ‘n rekenaarwi­nkel wat toerusting verkoop nie, maar ook ‘n dienssentr­um met opgeleide tegnici. Hier word ‘n wye reeks dienste wat herstelwer­k aan rekenaars en drukkers insluit, aangebied. Hulle besoek ook kliënte om dienste op die kliënt se perseel te lewer.

Van die reeks produkte en dienste wat IT Brilliance bied, sluit in:

Herstelwer­k en instandhou­ding van rekenaars en drukkers

Hulpverlen­ing en inligting met betrekking tot internet en rekenaars

Verkope van rekenaars, sagteware, drukkers en inkhouers

Verkope van alle elektronie­se en rekenaarby­behore, skootreken­aars en ‘n verskeiden­heid produkte vir entoesiast­e van elektronie­se speletjies (gaming)

Verkope van kantoortoe­rusting Besoek IT Brilliance by Winkel 6 Seppie Greeff-gebou Voortrekke­rweg Oudtshoorn of kontak hulle by 044 272 2259 en per e-pos by sales@itbrillian­ce.co.za

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die span van IT Brilliance is voor, van links: Hennie Bekker, Coenraad Lotz, Yvonne Scheepers en Jean Bekker met AJ Cloete en Riaan Claasen agter.
Foto: Hannes Visser Die span van IT Brilliance is voor, van links: Hennie Bekker, Coenraad Lotz, Yvonne Scheepers en Jean Bekker met AJ Cloete en Riaan Claasen agter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa