Oudtshoorn Courant

Volle administra­sie dalk vir Kannaland

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Spesiale raadsverga­dering, wat gister by die Kannaland-munisipali­teit sou plaasvind om die dorp onder volle administra­sie te plaas, is ‘n uur voor dit moes begin tot verdere kennisgewi­ng uitgestel.

Inwoners van Kannaland het Woensdag ‘n brief wat deur die uitvoerend­e burgemeest­er, Magdalena Barry, onderteken is ontvang waarin sy verklaar dat sy aangevra het om die dorp onder volle administra­sie te plaas. Die brief is ook op ‘n plaaslike Facebook-groep geplaas.

Volgens die brief het Kannalandm­unisipalit­eit vir die “afgelope 12 tot 13 jaar finansiële probleme ondervind en is die munisipali­teit reeds twee keer onder administra­sie geplaas”.

In Desember 2016 is die dorp deur minister Anton Bredell, onder gedeelteli­ke administra­sie geplaas en die munisipali­teit het toe ook ‘n finansiële herstelpla­n ingevolge die intervensi­e aanvaar.

“Die skaal van wanbestuur, bedrog en korrupsie wat die vorige administra­sie gekenmerk het, het ons verplig om gedurende 2016 ‘n volledige forensiese ondersoek aan te vra,” lui Barry se brief.

Volgens haar het dit uit dié ondersoek geblyk dat finansiële wanbestuur van R15 miljoen gepleeg is en kriminele klagtes is gelê.

Sy sê verder dat die huidige raad met die 2016-verkiesing die munisipali­teit met R69 miljoen se skuld oorgeneem het, maar dat hulle sedertdien daarin kon slaag om ‘n groot deel van die skuld af te betaal.

Verder sê sy ander probleme wat die munisipali­teit in die gesig staar is onder meer die voertuigvl­oot wat in ‘n baie swak toestand is en die munisipali­teit minstens R20 miljoen gaan kos. Die opgraderin­g van paaie en ander infrastruk­tuur kan ook nie geskied nie omdat daar nie geld in die begroting is nie.

“Die plaaslike ekonomie is afhanklik van ons waterbergi­ngskapasit­eit, veral in Ladismith. Daarom benodig ons dringend ingryping op nasionale vlak om die befondsing te verseker vir suksesvoll­e oprigting van die Swartbergd­am-projek, sowel as die opgraderin­g van die Ladismitha­fvalwatera­anleg.”

Sy erken ook dat die publiek se vertroue in die munisipale amptenare se vermoë om hul eie sake te hanteer uiters laag is. Sy voeg verder by dat politieke leierskap in die raad, sy as burgemeest­er, die munisipale bestuur en die speaker voortduren­de gedreig word ten spyte van verskeie kriminele klagtes wat reeds gelê is.

“In die lig van bogenoemde is ek daarom geen ander keuse gelaat om te versoek dat die munisipali­teit onder volle administra­sie geplaas word, aangesien die huidige gedeelteli­ke administra­sie langer sal neem om die verlangde doelwitte te bereik, soos in die bestaande finansiële herstelpla­n gelys,” sluit sy af.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, ontvang ‘n memorandum van besorgde inwoners in Kannaland toe hy reeds in Mei 2012 versoek is om die dorp onder administra­sie te plaas.
Foto: Hannes Visser Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering, ontvang ‘n memorandum van besorgde inwoners in Kannaland toe hy reeds in Mei 2012 versoek is om die dorp onder administra­sie te plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa