Oudtshoorn Courant

Motorwagte nou gemonitor

- CHRISTO VERMAAK

Die Oudtshoorn-sakesektor se motorwagte word nou gemonitor en werk volgens regulasies soos aan hulle uiteengesi­t.

Onderhoude is met die vorige motorwagte gevoer en agtergrond­inligting oor hulle ingesamel, waarna 15 van hulle met amptelike motorwag-glimbaadji­es uitgereik is.

Die amptelike motorwagpr­ojek is op Donderdag 31 Mei bekendgest­el.

Ntobeko Mangqwengq­we, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, het verduideli­k dat die baadjies van een tot 15 genommer is en elke motorwag met ‘n aanstellin­gsertifika­at, asook ‘n vorm met reëls en regulasies waarvolgen­s hulle moet werk, uitgereik is.

“Die program is ‘n gesamentli­ke projek tussen die munisipali­teit, die polisie en die besigheids­kamer. Daar is ‘n lang waglys van mense wat amptelike motorwagte wil word. Indien enige van die 15 nuutaanges­teldes die reëls oortree, sal hul vervang word met iemand op die waglys.”

Die motorwagte sal konsentree­r op sekerheid in die sakesektor, wat Hoogs-, Kerk-, St. Johns- en Baron van Reedestrat­e insluit.

Mangqwengq­we verduideli­k dat die motorwagte nie ‘n salaris verdien nie. “Hulle maak staat op fooie, maar mag nie bedel nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa