Oudtshoorn Courant

Hond sterf wrede dood in strik

- LIEZL VAN NIEKERK

Die eienaar van die basset, Basil, wat die afgelope naweek in ‘n strik naby Thabile Lodge dood is, bied ‘n R1 000 beloning aan enigiemand met inligting oor wie moontlik die strik gestel het.

Thabile Lodge, waarvan Len Bornman die eienaar is, is op die De Rust-pad naby Dysselsdor­p geleë.

Volgens Bornman is die manier waarop Basil dood is ontsaglik wreed.

“Ek het Bazil twee jaar gelede gered. Ons is deel van Basset Adoption SA en help so om bassets te red en vir hulle goeie huise te kry. Ek het vyf honde waarvan drie bassets is. Nie een van hulle is honde wat rondloop nie. Ek het Saterdag gaan fietsry. Toe ek by die huis kom en begin ontbyt maak het ek agter gekom Basil is weg, want gewoonlik kom al die honde kombuis toe as daar ontbyt gemaak word. Ek het almal wat ek ken gebel, van my vriende, die bure tot by die skut. Ek het ook die storie op Facebook gesit. Almal het help soek. Ek en my vriend het tot 23:30 gesoek, maar kon hom nêrens kry nie.”

Bornman sê hy het Sondag vroeg opgestaan om plakkate te maak om mense in te lig dat Basil weggeraak het.

“Voor ons die plakkate kon opsit het ons ‘n laaste draai gaan loop. Ons het in die veld gesoek en die heinings ook geloop.”

Dit is toe dat hulle op die grusame toneel afkom. Bazil se kop was in die strik vasgevang. Die strik was ongeveer 25 meter van sy woning af gestel.

“Mens kan sien hy het probeer ontsnap, maar dit was tevergeefs. Ek het mense oor die tipe strikke gevra en die kenners sê diere gaan binne vyf minute dood as hulle in so ‘n strik beland.”

Bornman sê Basil was soos ‘n mens in sy huis.

“Hy was my kind en companion. Hy het onder my komberse in my arms geslaap. Om hom so te moes kry was die aakligste ding nog.”

Bornman sê hulle het ‘n halfuur lank gesukkel om die strik om Basil se nek los te kry.

“Met verdere ondersoek het ons nog vier strikke ongeveer 30 meter van die huis af gekry. Wie ook al die strik gestel het, het dele van ‘n skaapkarka­s naby neergesit. Bassets is hounds en dit is instink by hulle om sulke reuke op te spoor. Ek vermoed dit is hoekom hy Saterdag van die huis af weggeloop het. Ek kon nie ‘n klag by die polisie lê nie, omdat ek nie kan bewys dat die strikke gestel is om my honde te vang nie.”

Volgens Bornman word die bure rondom Thabile Lodge boonop geteister met inbrake.

“Ons het baie onlangs ‘n inbraak in een van die gastekamer­s sowel as in my eie huis gehad. Die skelms het tot by die bure, wie se huis met geëlektrif­iseerde heinings beveilig is, ingebreek. Wat dit nog erger maak is dat dit kinders is en omdat hulle minderjari­g is kan hulle nie toegesluit word nie.”

 ??  ?? Basil is, ‘n dag na hy weggeraak het, met die strik om sy nek gevind.
Basil is, ‘n dag na hy weggeraak het, met die strik om sy nek gevind.
 ?? Foto’s verskaf ?? Len Bornman en Basil.
Foto’s verskaf Len Bornman en Basil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa