Oudtshoorn Courant

Spring Roses wen Collegians oortuigend

-

Spring Roses het die afgelope Saterdag die span van Collegians oortuigend met 34-24 geklop. Die rustydtell­ing was 14-13 in Collegians se guns.

Collegians het Roses in hul vorige kragmeting geklop. Roses het egter vanuit die staanspoor vir Collegians gewys dat hulle die bordjies wil verhang. Beide spanne het twee drieë in die eerste helfte gedruk. Die verskil was egter dat Collegians hulle drieë verdoel het.

Roses het in die tweede helfte beheer van die wedstryd oorgeneem en nie weer teruggekyk nie. Roses het op die aanval gebly en nog drie keer gaan druk. Collegians het laat in die tweede helfte terugbakle­i en met twee drieë geslaag. Moncheslin Nathan het egter net voor die einde van die wedstryd die wind uit Collegians se seile gehaal met ‘n pragdrie. Voorlangs het Riaan Van Wyngaardt, Elton Oosthuizen, Marlin Tiemie, Aubrey Karelse en Heinrich Erasmus vir Roses uitgeblink. Ook Denzil Belelie en Ursheon Flink het meer as hul kant gebring.

Agterlangs het Domenic Smit, Alfred Veldman, Dillan Van Vuuren en Conroy Tiemie beïndruk. Ook Jeremy Julies en Claude Fortuin verdien vermelding vir Roses.

Roses se drieë is deur Veldman, Oosthuizen, Van Wyngaardt, Karelse en Nathan gedruk. Smit het met drie strafskopp­e geslaag. Roses se tweedespan het ook hulle eweknie van Collegians met 29-22 gewen.

Vir Roses het Henslow Janse (2), André Fortuin, Piet Veldsman en Pieter Jansen gaan druk. Randall Meyer het (2) drieë verdoel.

 ?? Fotos: Christo Vermaak ?? Spring Roses se Aubrey Karelse onstuitbaa­r op pad na sy drie.
Fotos: Christo Vermaak Spring Roses se Aubrey Karelse onstuitbaa­r op pad na sy drie.
 ??  ?? Spring Roses se agterspele­rs op die aanval.
Spring Roses se agterspele­rs op die aanval.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa