Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn­iet en spanmaat wêreldkamp­ioene

- SAN-MARIÉ CRONJÉ

Hugo Erasmus van Oudtshoorn en sy spanmaat Raynor Becker van Stilbaai is die afgelope naweek as die wêreld kragboot kampioene in die ProStockkl­as aangewys. Die twee het in hulle Inverroche-kragboot drie wêreldkamp­ioenskap titels in Frankryk ingeplam. Die wêreldkamp­ioenskappe het vanaf 30 September tot 8 Oktober by Frejus in Frankryk plaasgevin­d. Hulle is as die ‘Surf’- ‘Longhaul’- en ‘Circuit’-kampioene in dié klas aangewys.

Erasmus en Becker was ook die algehele wenners. Met skaafplekk­e op sy rug het Hugo Erasmus (24) Woensdag met die media oor hulle oorwinning gesels.

Hoewel Erasmus Oudtshoorn altyd as sy tuisdorp sal sien, woon hy nou in Riversdal. Hy en sy spanmaat oefen gereeld in Stilbaai en bly so ook fiks. Wanneer Erasmus nie in die water is nie, hou hy daarvan om met sy motorfiets op die stofpaaie spore te laat.

Erasmus vertel: “Al is my rug nog stukkend en is daar hier en daar ’n skaafplek, is alles die moeite werd.

Ek het nooit gedink dat ons die wêreldkamp­ioenskappe sou wen nie. Dit is ’n stokperdji­e wat later in soveel meer verander het.”

Watersport is ’n groot liefde vir hom en hy geniet enige tipe aktiwiteit waar adrenalien betrokke is. Hy en Becker vang saam diepseevis, draf en ry ook fiets om al hulle spiere te oefen.

Erasmus het ses jaar gelede aan sy eerste Cape Agulhas deelgeneem en was vandaar nog altyd ‘co-pilot’.

“Ek sal nooit die pilot wil wees nie. Selfs al sal ek eendag my eie boot besit, sal ek altyd die co-pilot wil wees.”

Sy betrokkenh­eid by opblaas kragboot wedrenne het begin nadat ’n vriend hom gevra het om deel van die ‘ground crew’ te wees.

Wanneer die boot deur die branders breek, klop Erasmus se hart vinniger. Hy beskryf dit as sy gunsteling deel van ’n wedren.

’n Vreesaanja­ende gebeurteni­s wat op Gansbaai plaasgevin­d het, sal hy nooit vergeet nie: “Dit was baie mistig en ons moes eintlik plat lê terwyl ons ry. Ons het gelukkig op drie ander spanne afgekom. Terwyl ons ingebel het om die situasie te beskryf het ons bymekaar gebly en net rustig in die water gedryf. Met die wat ons almal saam wag, swem daar ’n witdoodsha­ai teen die boot verby. Die boot is 4,2 m lank en daai haai was net so lank soos die boot. Ons het groot geskrik.”

Hys ê kragboot kompetisie sis‘ n heerlike ervaring en solank daar borge is, sal hy deelneem. As ’n span bedank hulle elke borg, ondersteun­er en familielid.

 ??  ?? Hugo Erasmus (regs) en spanmaat Raynor Becker met hul trofeë as wêreldkamp­ioene.
Hugo Erasmus (regs) en spanmaat Raynor Becker met hul trofeë as wêreldkamp­ioene.
 ??  ?? Hugo Erasmus en Raynor Becker in hulle kragboot in Frankryk.
Hugo Erasmus en Raynor Becker in hulle kragboot in Frankryk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa