Oudtshoorn Courant

R30 Miljoen vir droogte- verligting

- GARNETT WICOMB

Die Oudtshoorn munisipali­teit het R30 miljoen van die nasionale departemen­t water en sanitasie vir droogte verligting ontvang.

Volgens die munisipale bestuurder, Allen Paulse, is die groot uitdaging nou hoe om die geld binne die kort voorgeskre­we tyd van drie maande te bestee.

“Die bedrag is te min vir die beoogde pypleiding vanaf die Blossoms-boorgate en daar sal na ander opsies gekyk moet word,” het Paulse tydens Maandag se raadsverga­dering gesê.

Die aangeleent­heid het ‘n lang debat ontlok rondom ‘n aanbevelin­g van die voorsitter van tegniese dienste portefeulj­ekomitee, Johan Fourie, dat afgewyk word van die plan om ‘n noodpyplei­ding vanaf Blossoms na ‘n reservoir wes van die dorp aan te lê en liewer gekyk word na die grondwater ontwikkeli­ng op Jan Fourieskra­al en Waterkloof in die distrik en water deur middel van ‘n 6 km-pypleiding te pomp na ‘n water behandelin­gs aanleg van die Klein Karoo Water skema wat sowat R 30 miljoen sal kos.

ANC-raadslid Henry Tyatya, het beswaar gemaak omdat hy en nog ander raadslede nie weet waar Jan Fourieskra­al en Waterkloof geleë is nie. ”Ons weet nie wat daar aangaan nie,” het Tyatya gesê en voorgestel dat raadslede daarheen geneem moet word.

Hy stem saam dat drastiese stappe geneem sal moet word om die waternood aan te spreek, maar dat volle besonderhe­de en al die nodige inligting aan die raad voorgelê moet word.

“Daar is baie om te verduideli­k,” het hy gesê.

Paulse het verduideli­k dat niemand weet hoeveel ondergrond­se water by Blossoms is nie en dat ‘n volledige studie sowat vyf jaar sal neem.

Hy het saamgestem met Tyatya dat raadslede behoorlik ingelig moet word om ‘n deurdagte besluit te kan neem.

Vlancio Donsosn (Icosa) het gesê die wet gee die munisipali­teit die reg om grond te vat van diegene wat nie hul samewerkin­g wil gee nie.

“Ons kan onteien sonder vergoeding indien grondeiena­ars nie grond aan die munisipali­teit wil verkoop nie.”

Hy wou ook weet wanneer die raad aan die bou van ‘n nuwe dam gaan dink en beweer dat mense water steel by die dorp se hoof waterbron, die Raubenheim­erdam, asook by Blossoms.

Beide Donson en Tyatya het versoek dat die raad ook moet kyk na plaaslike diensversk­affers.

Rdl Maggie Titus (ANC) het gewaarsku dat raadslede nie met woorde moet speel nie. “Ek het baie in die tronk geleer,” het sy van haar laat hoor.

Goedkeurin­g vir die aanwending van die geld moet volgens Fourie van die departemen­t water en sanitasie, die WesKaapse departemen­t plaaslike regering en ander rolspelers verkry word.

Die aangeleent­heid is uiteindeli­k vir ‘n volledige verslag tot 16 Oktober uitgestel.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Raadslid Vlancio Donson (links) aan die woord tydens die raadsverga­dering.
Foto: Garnett Wicomb Raadslid Vlancio Donson (links) aan die woord tydens die raadsverga­dering.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa