Oudtshoorn Courant

Nuwe hoof vir Bellinganh­of

- LIEZL VAN NIEKERK

Om positiewe moraal onder personeel te kweek en om die inwoners tot die beste van haar vermoë te versorg is die grootste doelwitte van sr. Colleen Fourie, Helen Bellinganh­of tehuis vir bejaardes se nuwe hoof.

Fourie was voorheen vir vier jaar hoof van Bellinganh­of en het daarna verpleegst­ers opgelei.

“Ek wou goeie verpleegst­ers oplei. Mense wat ‘n passie het vir ander mense en goed is in wat hulle doen, maar nou is ek terug by Bellinganh­of en ek is hier om te bly,” sê sy trots.

Fourie sê sy is geweldig opgewonde oor die nuwe uitdaging wat oor haar pad gekom het.

“Ek werk met wonderlike personeel en inwoners. Dit maak darem my werk so bietjie makliker.”

Fourie sê haar ander doelwit is om die beeld van die tehuis te verbeter.

“Ek het ‘n Facebookbl­ad vir Bellinganh­of geskep en wil graag al die wonderlike goed wat hier gebeur met die publiek daar buite deel. Ek nooi ook die publiek uit om die tehuis te besoek en indien daar enige vrae is kontak te maak. Soos meeste tehuise vir bejaardes maak ons baie staat op vrywillige­rs en skenkings. So ons nooi ook die publiek om op enige wyse wat positief tot ons inwoners kan bydra, betrokke te raak.”

Fourie sê sy sien uit daarna op saam met die dorp te werk of van Bellinganh­of die beste tehuis moontlik te maak.

Besoek gerus hul Facebook-blad by ACVV Helen Bellinganh­of Versorging­soord.

 ??  ?? Sr. Colleen Fourie
Sr. Colleen Fourie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa