Oudtshoorn Courant

Water beskikbaar vir swemgalas

- LIEZL VAN NIEKERK

Slegs die NA Smit-swembad sal die jaar oopgemaak word en dit sal alleenlik vir die gebruik van swemgalas wees.

Die eerste swemgala begin môre (13 Oktober).

Dit is volgens Allen Paulse, die munisipale bestuurder van die Oudtshoorn munisipali­teit.

Die Oudtshoorn

Courant het die laaste twee weke berig dat minister Anton Bredell, minister van plaaslike regering, ‘n miljoen liter water na Oudtshoorn wou laat kom om die swembad vir die swemgala oop te maak. Paulse sê die munisipali­teit het somme gemaak en gevind dat dit goedkoper sal wees om die water eerder direk uit die dam te pomp.

“Dit is nie ‘n besluit wat ligtelik geneem is nie. Ekonomies is die swemgalas vir Oudtshoorn van baie waarde en die oomblik wanneer ons so ‘n groot geleenthei­d na ‘n ander dorp verskuif verbeur ons dit en is die moontlikhe­id groot dat ons dit nie weer kan terugkry nie. Die damvlak het intussen ook gestyg. As dit so was dat die watervlak nie gestyg het nie, sou ons nie die besluit geneem het nie.”

Paulse het tydens Maandag se raadsverga­dering gesê dat dit ongeveer R16 000 is om die water uit die dam in die swembad te pomp. “Indien honderde vragmotors met tonne water na die dorp gebring word verander die somme. Indien so ‘n vragmotor ‘n randsteen of die pad beskadig sou dit die belastingb­etalers sowat R30 000 kos om te herstel. Dit is dus goedkoper om eerder die water uit te pomp.” Volgens hom sal die ander swembadden­s nie vir die publiek oopgemaak word nie.

“As die watervlak nie drasties styg nie, sal daar geen swembadden­s vir die publiek oopgemaak word nie. Die NA Smit sal ook nie leeggemaak word nie en die water sal behandel word en skoongehou word net vir swemgalas.”

Tydens ‘n vergaderin­g verlede week tussen Paulse, die Oudtshoorn Courant en Chris Koch van departemen­t tegniese dienste, het Paulse gesê daar is water vir ongeveer 260 dae oor.

“Dit is sonder die 5% wat van die Melvilleda­m af ingepomp raak indien daar ‘n krisis is.”

Volgens hom is hy ook trots op die dorp se waterverbr­uik.

“Die inwoners is gevra om 12 kiloliter water per maand per gesin van vier te gebruik. Ons inwoners gebruik op die stadium 28% minder water as verlede jaar. Dit beteken dat die inwoners werklik saamstaan wat waterbespa­ring betref. Ons moedig hulle aan om vol te hou om water te bespaar en ook om gaste aan te moedig om nie onnodig water te mors nie.”

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Allen Paulse.
Foto: Liezl van Niekerk Allen Paulse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa