Oudtshoorn Courant

Man met mes vermoor

- HEIN COETZEE

‘n Uitstappie met ‘n hond in Smartie Town het Sondagogge­nd tragies geëindig toe ‘n man met ‘n mes doodgestee­k is.

Lionel (Toebaai) Johannes is met ‘n mes in die rug gesteek terwyl hy omstreeks 07:30 in Johan Gelde r bl oe m straat met‘ n hond op pad terug was huis toe. Hy het op die toneel in ‘n familielid se arms gesterf.

Roslyn Kamfer, Johannes se ma, sê:

“Hy het elke Sondagogge­nd met ‘n kollega van hom se hond gaan stap. ‘n Uur nadat hy van die huis af weg is het iemand kom sê hy lê op die hoek van die straat in ‘n plas bloed. Dit was hartverske­urend om hom so te sien lê omdat hy self nie ‘n vlieg sou seermaak nie.”

Kamfer sê die ooggetuies het aan haar vertel dat die verdagte met Johannes se broer wou baklei.

“Lionel, wat in die stadium met die hond teruggekom het, het hom toe gaan vra wat is sy storie met sy broer. Die man het eers na die hond gesteek en toe Lionel buk om die hond weg te hou is hy in die rug met ‘n dolk gesteek.”

Charlotte Kamfer, Lionel se suster, sê dat hulle familie verpletter is deur sy dood. “Hy was die man in die huis. Hy het altyd gesorg vir orde en dat niemand skeef trap nie. Hy was soos ‘n pa vir almal. Hy het nie verdien om so ‘n wrede dood te sterf nie. Die man weet nie watter onreg hy aan ons familie gedoen het nie. Ons sit nou met die seer.” Johannes word op 20 Oktober begrawe.

Volgens sers. Gretchen Michaels, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie is die 28-jarige Stanley John gearrestee­r en het Maandag op aanklag van moord in die hof verskyn.

 ?? Foto: Hein Coetzee ?? Charlotte Kamfer, Lionel Johannes se suster en sy ma, Roslyn.
Foto: Hein Coetzee Charlotte Kamfer, Lionel Johannes se suster en sy ma, Roslyn.
 ??  ?? Lionel (Toebaai) Johannes
Lionel (Toebaai) Johannes

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa