Oudtshoorn Courant

Met aasvoëls vir 48 uur

-

Delano Mulder, Cango Wildlife Ranch se soogdier- en voëldieret­uinhouer, het die afgelope naweek 48 uur in die bloedige hitte saam met die Ranch se vier aasvoëls in hul kamp geslaap om bewusmakin­g oor die bedreigde spesie te skep.

Die Ranch het vier Kaapse aasvoëls, twee mannetjies en twee wyfies, en die twee mannetjies het dié week na Vulpro, ‘n aasvoëlbew­aringsinst­ansie in Hartebeesp­oort, vertrek.

“Hulle gaan deel word van Vulpro se telingspro­gram omdat die aasvoël se getalle afneem. Volgens statistiek is daar ongeveer 4 700 broeipare in die wêreld oor,” het hy verduideli­k.

Volgens Mulder het mense ‘n totale wanperseps­ie oor die aasdiere.

“Mense dink dit is lelike, scary voëls, maar hulle is eintlik ongeloofli­k. Hulle pla niemand nie. Die voëls was nie werklik geïnteress­eerd in die vreemde spesie wat skielik by hulle kamp opgeslaan het nie.

Hulle het dalk twee keer tot by die hangmat gekom, maar nooit nader as ‘n meter of twee van my af nie.”

Mulder het sy tyd in die kamp gebruik om besoekers oor die merkwaardi­ge voëls in te lig en om te verduideli­k hoe hulle tot die ekosisteem bydra en hoe om hulle in die natuur te beskerm.

Deel van sy bewusmakin­gsaksie is ook om geld te in om die voëls na die instansie te neem.

“Die seuns gaan weg wat nogal hartseer is, maar ons neem twee nuwe aasvoëls aan. Ons kry ‘n kritiek bedreigde African-white-backed asook ‘n bedreigde Lappet-faced aasvoël. Die onkostes om die voëls Vulpro toe en terug te vervoer is enorm en daarom doen ons ook die insameling om te help om hulle te vervoer en te bewaar.”

Enigiemand wat ‘n skenking wil maak kan die webtuiste by www.backabuddy. co.za/champion/project/vultures-take-flight besoek.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Delano Mulder in die aasvoëlkam­p waar hy twee dae spandeer het om bewusmakin­g oor die voëls te skep.
Foto: Liezl van Niekerk Delano Mulder in die aasvoëlkam­p waar hy twee dae spandeer het om bewusmakin­g oor die voëls te skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa