Oudtshoorn Courant

Karwag van die maand gekies

-

Joseph Stoffels is Woensdag aangewys as die dorp se karwag van die maand.

Stoffels is ‘n bekende gesig in die dorp en staan al jare op sy pos in Kerkstraat voor Spar.

Hierdie is die inisiatief van die Oudtshoorn-besigheids­kamer, in samewerkin­g met Oudtshoorn-polisie en die Oudtshoorn-munisipali­teit.

Volgens Hennie Davel, ‘n lid van die besigheids­kamer en die persoon in beheer van die projek, hoop hulle om die karwagsitu­asie in die dorp te verbeter.

Davel sê karwagte word ook deur die munisipale verkeersbe­amptes en die polisie gemonitor.

“Die karwagte wat nou in die strate is ontvang gereeld opleiding. Ons motiveer hulle om hul werk reg te doen, sober en nugter te wees en nie te bedel nie. Hulle kry nuwe bippies met die munisipali­teit se logo op. Elke karwag het ook ‘n nommer wat op die bip aangedui word en ‘n naamplaatj­ie wat aan die bip is.”

Davel sê die publiek kan help om elke maand die karwag van die maand te kies.

“Indien iemand dink die persoon moet karwag van die maand wees moet hulle ons laat weet. Hulle kan ook klagtes na my, die polisie of die munisipali­teit stuur. Enigiemand wat ‘n klag wil indien of iemand wil nomineer moet die straat se naam waar die persoon diens doen, die karwag se naam en bippienomm­er saam stuur.” Nominasies kan aan info@y-not. co.za gestuur word.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Van links: Neil Mooney, Darryl Erasmus, Jason Arries, Patrick Jordaan (munisipale verkeer) Joseph Stoffels, Donovan le Roux, Hennie Davel en kaptein Wynand du Plessis.
Foto: Liezl van Niekerk Van links: Neil Mooney, Darryl Erasmus, Jason Arries, Patrick Jordaan (munisipale verkeer) Joseph Stoffels, Donovan le Roux, Hennie Davel en kaptein Wynand du Plessis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa