Oudtshoorn Courant

Waternood vir boere groter as ooit

- TISHA STEYN

Terwyl veeboere in die Klein-Karoo vanjaar deur bemiddelin­g van verskeie instansies voer ontvang het, was daar nog geen verligting vir besproeiin­gsboere nie.

Ten spyte van reën wat oor baie gebiede uitgesak het, het dit nie ‘n noemenswaa­rdige verskil aan die vlak van besproeiin­gsdamme gemaak nie. Die Raubenheim­erdam wat drinkwater aan Oudtshoorn, Dysselsdor­p en De Rust lewer, het tans 44% water.

Die Stompdrifd­am het tans 5,99% water, terwyl die Kammanassi­edam 4,47% het. Die twee damme vorm die StompdrifK­ammanassie Watergebru­ikersveren­iging (SKWGV) wat water aan 150 boere langs die Olifants- en Kammanassi­erivier vanaf die damme tot by Calitzdorp Spa by Calitzdorp lewer.

“Ons damme is vir die afgelope twee jaar konstant op ‘n baie lae vlak van enkelperse­ntasies en dit beteken dat boere op sowat 13 500 ha vir hierdie tyd geen stoorwater uit die skema ontvang het nie,” sê Riaan Krüger, bestuurder van die SKWGV.”

Uitstaande waterbelas­ting

“Omdat die boere nie kan besproei nie, raak die vereffenin­g van waterreken­ings al verder agterstall­ig en tans is meer as R2 miljoen uitstaande,” sê Krüger. Boere wat 180 dae agterstall­ig is, kan hul reg om water uit die skema te ontvang verbeur en aan die SKWGV se regsvertee­nwoordiger­s oorhandig word. Die wanbetalin­g en ander ekonomiese faktore het daartoe gelei dat die SKWGV reeds vyf van die 19 voltydse werkers moes aflê; poste van toesighoud­ende personeel kan ook in die gedrang kom indien die situasie nie verbeter nie.

Soek dringend hulp

Intussen soek Krüger finansiële hulp van verskillen­de landbou-instansies, soos die Wes-Kaapse landboudep­artement, Casidra en Sansor, ‘n sambreelor­ganisasie van saadproduk­siemaatska­ppye.

“Die Wes-Kaapse departemen­t van landbou het ons verwys na die nasionale departemen­t van water en sanitasie, maar die departemen­t het sy eie finansiële uitdagings. Casidra se mandaat maak voorsienin­g vir werkskeppi­ng vir werklose mense, maar nie vir werkers wat tans in die diens van die SKWGV of boere is nie.” Krüger het Sansor versoek om die verskillen­de saadmaatsk­appye in die streek bymekaar te kry om te help om water uit die Oranjerivi­erskema na die Klein-Karoo te versprei, soos die geval is met water vir die Sondagsriv­iervallei in die Oos-Kaap. “Ons het die infrastruk­tuur van damme, betonkanal­e en slote, asook ‘n goed-bestuurde skema om water uit die Oranjerivi­er na ons boere te versprei. Hierdie water kan produksie vertiendub­bel en duisende nuwe werkgeleen­thede skep, met gepaardgaa­nde welvaart vir almal.” Sansor het nog nie terugvoer gegee nie.

Kontak Riaan Krüger by 044 272 2751 of stompkam@absamail.co.za vir meer inligting.

Die Raubenheim­erdam wat drinkwater aan Oudtshoorn, Dysselsdor­p en De Rust lewer,

het tans 44% water.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa