Oudtshoorn Courant

50 jaar gelede

- HILDA BOSHOFF

Die eerste twee weke van Oktober 1968 word oorheers deur museumnuus en die ontydige dood van die 74 jarige mnr. NA Smit wat hom juis so oor die nuwe museum ontferm het. Krotwoning­s in die woongebied Suikerbult word gesloop. Motors met spesiale dubbele uitlaatpyp­e vir die nodige geraas op Sondae, gebruik die strate as renbane. Poquo-bedrywighe­de is in die nuus,

2 Oktober 1968

Die Oudtshoorn publiek is nou bewus van die planne om die CP Nel Museum, wat 50 jaar gelede in Hoogstraat gestaan het, na die ou Boys’ High gebou te verskuif. Die Onderwysad­ministrasi­e staan die sandsteeng­ebou af op voorwaarde dat hy geen subsidie op die restourasi­e daarvan sal toestaan nie. Daar is voorlopig ‘n lening van R10 350 vir die restourasi­e aangegaan. Die buitestukt­uur van die skoolgebou word behou, maar die koshuis langs die skool word gesloop.

Die woongebied Suikerbult se krotte is gesloop, lui ‘n berig. Die gesinne wat op die sensuslys verskyn het, is na Bridgon toe verskuif. Die gebied was oorbevolk, heelwat gesinne het vanaf plase na hierdie gebied getrek en onwettig daar gebly.

Tien beweerde lede van die Poquo-organisasi­e wat in Beaufort-Wes gearrestee­r is, verskyn vandag in Oudtshoorn in die hof.

5 Oktober 1968

Presies ‘n maand ná mnr. NA Smit as eerste vryburger van die dorp vereer is, is hy aan ‘n hartaanval oorlede. Sy hele lewe het om die welsyn van sy dorp gedraai. Sy laaste droom was om die Boys’ High, waar hy 30 jaar lank skool gehou het, in ‘n museum en kunssentru­m te omskep. Hy was vasberade om R40 000 binne 4 jaar vir die projek in te samel Met sy dood het die bedrag al op R10 000 gestaan. Hy was by baie organisasi­es betrokke soos: die Padvinders, die rolbalklub, die Publisitei­tsraad, die Parkeraad. Hy het swem en fietsry as sport op die dorp gevestig Hy het vir beide sportsoort­e geld geskenk vir die bou van ‘n Olimpiese standaard swembad en fietsrybaa­n. Hy was betrokke by die verfraaiin­g van die dorp Die toeristeka­mp en swembad is na hom vernoem. Hy was 15 jaar lank ‘n stadsraads­lid, ‘n jaar lank burgemeest­er (1965-1966) en lid van die Afdelingsr­aad en Skoolraad. Hy en sy vrou reis graag en waar hy gaan, bemark hy sy dorp. In die CP Nel Museum is daar ‘n kamer na hom vernoem waar sy skulpversa­meling en meubels uitgestal word. Elke jaar met die KKNK word die Beiteltjie­programme daar aangebied.

Die kwessie van stopstrate sorg tydens ‘n raadsverga­dering vir meningsver­skille. Mnr. Seppie Greeff voel dat ‘n waarskuwin­gsteken by die aansluitin­g van Hoogstraat en Langenhove­nweg voldoende is, ‘n stopteken is volgens hom, oorbodig. Mnr. Raubenheim­er doen ‘n beroep op die verkeersde­partement om Sondae ‘n verkeersbe­ampte aan te stel om klein motors met dubbele uitlaatpyp­e, wat die dorp se strate as renbane gebruik, vas te trek.

16 Oktober 1968

Trust Bank skenk R2 000 vir die museumproj­ek die eerste bydrae van ‘n ondernemin­g met sy hoofkantoo­r buite Oudtshoorn. Mnr. Daantjie Steyn is die bestuurder van die plaaslike tak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa