Oudtshoorn Courant

Wicomb terug na tennistoer­nooi

-

Om op baan 1 van die Goran Ivanisivic ATP stadion te speel was een van die hoogtepunt­e van sy deelname aan vanjaar se ITF Super Seniors span- en individuel­e tennis kampioen kappe i nU mag, Kroasië, sê Oudtshoorn se bekende tennisspel­er, Garnett Wicomb.

Die ander hoogtepunt, sê hy, was sy besoek aan die Italiaanse waterstad, Venesië.

Hy was lid van die SA 75+ mansspan saam met Willie Lubbe en Pieter Claassen van Gauteng.

Die span het in die 16de plek geëindig van die 19 spanne in hul ouderdomsg­roep.

Volgens Wicomb is dit nie altyd die beste SA spanne wat oorsee gaan speel nie omdat spelers nie deur die regering of Tennis SuidAfrika (TSA) finansieel ondersteun word nie en van die beste spelers nie kans sien om die geweldige kostes aan te gaan nie.

Wicomb sê om op die rooi kleibane van Kroasië teen van die beste spelers in die wêreld te speel was 'n wonderlike ervaring.

Hy sê alle wedstryde word sonder skeidsregt­ers gespeel behalwe op die hoofbaan en baan 1.

Sy wedstryd op dié baan in ‘n gemengde dubbelspel wedstryd saam met Paulina van den Tempel van Nederland teen die agtste gekeurde Chris Ornstein en Christine Baron van Brittanje in die jonger ouderdomsg­roep (70+) sal hom lank bybly.

Hulle het die kragmeting met 2-6, 3-6 verloor nadat hulle in die tweede stel met 3-1 voorgeloop het.

”Dit was ‘n wonderlike geleenthei­d met jou naam wat ook op die grootskerm verskyn.

“Ek het soos gewoonlik die bal in my broeksak gesteek en toe dit op 'n keer uitval het die skeidsregt­er spel stopgesit en my gewaarsku dat indien dit weer gebeur hy my met 'n punt sal straf. Dit het my onwillekeu­rig laat dink aan die wedstryd tussen Serina Williams en Naomi Osaka in die Amerikaans­e Ope.

“Ek het darem nie met die skeidsregt­er gestry nie en ons is goeie vriende uitmekaar,” sê hy tong in die kies.

Volgens Wicomb is Umag 'n pragtige outydse toeristedo­rp wat jaarliks, gedurende die somermaand­e, Julie en Augustus, sowat 80 000 toeriste lok. Talle groot tennistoer­nooie word ook daar aangebied en die dorp beskik oor ‘n indrukwekk­ende tennis akademie.

Sy besoek aan Venesië, hoewel niks met tennis te doen nie, was ‘n verdere hoogtepunt van sy besoek aan Kroasië.

“Venesië is 'n wonderlike stad met sy nou stegies, hoë geboue, waterweë vol watertaxi’s en die wêreldbeke­nde Wicomb sê ook dat hy verstom was oor die duisende toeriste wat na die stad stroom.

Om op die rooi kleibane van Kroasië teen van die beste spelers in die wêreld te speel was ‘n wonderlike ervaring.

 ??  ?? Garnett Wicomb saam met Paulina van den Tempel van Nederland op baan 1 in Umag, Kroasië.
Garnett Wicomb saam met Paulina van den Tempel van Nederland op baan 1 in Umag, Kroasië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa