Oudtshoorn Courant

Eden groet ’n sportlegen­de

-

Die Oudtshoorn Courant het met leedwese kennis geneem van die skielike dood van die sportskryw­er, André Stander wat veral bydraes vir die George Herald gelewer het. Die breër sportgemee­nskap van die SuidKaap is swaar getref deur Stander se dood verlede Vrydagaand. Hy het tydens 'n skoolreüni­e by PW Bothakolle­ge aan vermoedeli­k 'n hartaanval gesterf. Stander het 'n verskeiden­heid sportkodes gedek, maar was veral bekend vir sy dekking van rugby, padwedlope en skolesport. Hy het vir meer as ses jaar weekliks sportberig­te aan die George Herald gelewer wat ook in ander publikasie­s van Group Editors gebruik is. Hy is in 2016 aangewys as Eden se sportskryw­er van die jaar en ook as die Wes-Kaapse departemen­t van sport en onstpannin­g se sportskryw­er vna diej aar. Vir Hugo Redelinghu­ys, sportredak­teur van die George Herald, wat 'n pad van van bykans ses jaar saam met André op die sportvelde van die Suid-Kaap gestap en meermale gedraf - het, is die dood van sy kollega en vriend 'n groot skok. Hier is Hugo se huldeblyk aan André:

Verstand en hart wil dit haas nie vat nie: André Stander, my regterhand en boesemvrie­nd, se wedloop op aarde is voltooi.

Dat dit juis nóú en op só 'n manier moes gebeur, laat mens met meer vrae as antwoorde. Nou deurgrond ons dit nie.

In ons uur van skok en ontstelten­is is dit seker nie die beste tyd vir 'n behoorlike bepaling van wat ons alles verloor het met die dood van André Stander nie.

Dat hy 'n groot leemte laat in die Georgespor­tgemeenska­p is gewis.

Met André se dood het ek 'n kameraad verloor met wie ek weekliks, vir ses jaar lank, sy aan sy gemarsjeer het.

Dis moeilik om oor iemand te skryf wat mens só relatief kort geken het hoewel ons die spreekwoor­delike sewe sakke sout saam opgeëet het. Maar ek glo ek kan sonder enige mate van teenspraak dié stelling maak: André Stander was 'n onbaatsugt­ige vriend wat sport met volkome toewyding gedien het.

Benewens sy opregte belangstel­ling in sport het André bewese ervaring gehad wat geld nie kan koop nie, deeglikhei­d en dryfkrag, nougesette toewyding aan spertye en afsprake, en al die instinkte en vaardighed­e wat 'n sportjoern­alis maar kan begeer.

Sy kennis en insigte, advies en hulp het van hom 'n gedugte spanspeler gemaak hoewel hy goed op eie houtjie kon regkom. Tog het hy verkies om vir die span uit te draf.

Hy was opreg, sodat nóg vriend nóg vyand ooit in twyfel gelaat was oor waar hulle met hom staan. 'n Skewe woord oor iemand in sy of haar afwesighei­d het hy altyd ferm gesmoor. Lojaal, toegewyd, betroubaar en koersvas is van die kwaliteite waaroor André ruim beskik het. Sy karakter en lojaliteit aan mense en sy beginsels was onkreukbaa­r. Sy werk, veral wat klubrugbye­n padwedloop­uitslae betref, was meesal 'n onbenydens­waardige skof wat hy met die grootste toewyding en entoesiasm­e vervul het. En só - dalk onwetend - die druk grootliks op 'n Maandag van my skouers verlig het.

Sy liefde en toewyding aan sy vrou, kinders en kleinkinde­rs is navolgensw­aardig en 'n voorbeeld van 'n innerlike integritei­t vir almal met wie hy in sy daaglikse handel en wandel te doen gehad het.

Daarom voel mense magteloos om trooswoord­e te spreek tot sy vrou, Magda, en die familie van kinders en kleinkinde­rs en ander verwante. George se harte gaan uit tot hulle onmeetlike verlies.

Sy vrou, Magda, se hulp en bydrae tot André se voortrefli­ke diens aan die Georgespor­tgemeenska­p - en meer spesifiek die George Herald se sportblads­ye - moet geensins gering geskat word nie. Ons innige dank hiervoor.

Ek treur oor die heengaan van 'n lewenslang­e vriend.

Ek, nee ons, het 'n mensch verloor en die troos ontwyk ons nog.

 ?? Foto: Deidre Cloete ?? Só het die sportgemee­nskap van George en die Suid-Kaap André Stander altyd geken. Boek en pen in die hand besig om die puntemaker­s en uitslae neer te pen. In dié geval ‘n netbalweds­tryd by PW Botha-kollege waar hy gematrikul­eer het.
Foto: Deidre Cloete Só het die sportgemee­nskap van George en die Suid-Kaap André Stander altyd geken. Boek en pen in die hand besig om die puntemaker­s en uitslae neer te pen. In dié geval ‘n netbalweds­tryd by PW Botha-kollege waar hy gematrikul­eer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa