Oudtshoorn Courant

Laaste wedstryde in 190’s-spankompet­isie

- GARNETT WICOMB

Taai tennis word Saterdag op Mosselbaai verwag wanneer die laaste ronde wedstryde in vanjaar se 190’s-spankompet­isie van die Eden Seniors-tennisvere­niging gespeel sal word.

Die wedstryde word op die bane van die Mosselbaai en Hartenbos-tennisklub­s gespeel.

Altesaam 28 spanne, sestien mans- en twaalf vrouespann­e neem deel.

Die verdedigen­de kampioene in die A-afdeling, die vrouespan van Maryna Olivier (kapt.), Christine van Coller, Elmarie Lategan en Rida Bester, en die mansspan van Jacques de Beer (kapt.), Wimpie Helmand, Charl Opperman en Daan Spengler, sal alles uithaal om hul titels te behou.

Olivier se span loop gerieflik voor met 215 punte teenoor die 191 van die span van Debra Hyde terwyl De Beer se span met 160 punte twee punte minder op die punteleer het as die span van Willie Breytenbac­h wat met 162 punte spog.

In die B-afdeling (mans) is dit die spanne van Hugo van der Berg (162 punte) en Louis du Preez (160 punte) wat om die wennerstro­fee spook.

Die span van Helena Haasbroek spog reeds met 265 punte en sal moeilik ingehaal word.

Wedstryde begin stiptelik om 09:00 en spelers moet reeds om 08:00 die Mosselbaai-tennisklub aanmeld. Die prysuitdel­ingsfunksi­e vind onmiddelli­k na die laaste wedstryd plaas.

 ?? Foto’s: Garnett Wicomb ?? Daan Spengler, Wimpy Heymand, Jacques de Beer en Charl Opperman wat in die eindstryd in die plek van Neil Swart gespeel het.
Foto’s: Garnett Wicomb Daan Spengler, Wimpy Heymand, Jacques de Beer en Charl Opperman wat in die eindstryd in die plek van Neil Swart gespeel het.
 ??  ?? Elmarie Lategan, Maryna Olivier (kapt), Rida Bester en Christine van Coller.
Elmarie Lategan, Maryna Olivier (kapt), Rida Bester en Christine van Coller.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa