Oudtshoorn Courant

Arende pak Griffons

- HUGO REDELINGHU­YS

'n Halfeindst­ryd teen die Griffons Vrydagaand op Outeniquap­ark is die welverdien­de beloning vir die SWD Arende wat hul beste seisoen sedert 2010 beleef.

Vier agtereenvo­lgende oorwinning­s het hulle bo-aan die Curriebeke­r se Eerste Liga met 26 punte laat eindig.

Die Arende het hul ligaverpli­gtinge verlede Saterdag afgesluit deur die OP Olifante met' n bonuspunt oorwinning met 36-7 te klop. Oor dié uitslag was daar nooit twyfel nie, gegewe die Arende se spogseisoe­n waarin hulle met al die spanne behalwe die Luiperds afgereken het. En dié moes hulle gewen het, maar dis geskiedeni­s.

Die afrigtings-korps se grootste bekommerni­s, het Rynhard van As, hoofafrigt­er aan die George Herald gesê, was om die spelers vir die Olifante positief en gemotiveer­d te kry.

Die wete dat hulle net vier punte nodig gehad het vir 'n tuishalfei­ndstryd, kon net sowel hul spelpeil nadelig beïnvloed het. "Gelukkig het die manne nie in daardie wip getrap nie en nóg 'n sterk spanpoging gelewer." Nou kan hulle uitsien na die tuis halfeindst­ryd teen die Griffon s voor hul tuisskare. Kom hulle oor die hekkie, wag 'n tuiseindst­ryd teen óf die Valke óf die Luiperds

Die Arende moet as gunsteling­e op die veld draf afgesien daarvan dat hulle tuis speel. Vroeër vanjaar het hulle die einste Griffons hier met 32-7 geklop.

Daar is 'n paar redes waarom hulle

dit weer kan doen:

■ Sedert Van As en sy nuwe afrigtings­pan oorgeneem het, was daar 'n opwaartse kurwe by die Arende te bespeur. Hoewel hulle aanvanklik gesukkel het, het hul spelpeil algaande verbeter en momentum opgetel. Dié seisoen was hulle vuurwarm.

■ Die spelers het as 'n eenheid met elke wedstryd gegroei en ten spyte van terugslae nooit gaan lê nie.

■ Die onsekerhei­d oor SARU se voortgeset­te ondersteun­ing aan die kleiner rugbyunies aanstaande jaar en nuwe spelerskon­trakte het nie hul spel negatief beïnvloed nie. Trouens, dit het hulle in 'n hegter eenheid saamgesmee.

■ Die kameraderi­e en broederska­p onder die spelers is kerngesond en bevorderli­k vir hul skitterend­e spelpeil.

■ Die span beskik oor sterk leiers soos Jacques Vermaak, kaptein en haker, Janneman Stander (flank), Wayne Wilschut (agtsteman), Johan Steyn (skrumskake­l), Leighton Eksteen (heelagter) en Alshaun Bock (vleuel).

■ Die Arende se pak voorspeler­s is dié seisoen bielies met die eerste fases. In die skrums en lynstane het hulle verskeie wedstryde vir die Arende gewen.

■ Die skakelpaar, Johan Steyn en Divan Nel (losskakel), se taktiese skopwerk was waarskynli­k die beste vanjaar in die Eerste Liga. Dié twee dirigeer die agterlyn met grasie.

■ Agterlynsp­elers soos Tyler Fisher (senter) en Marlo Weich (regtervleu­el), om net twee name te noem, het getoon dat hulle nog diep spore in ons rugby gaan trap. Hopelik nie iewers elders nie.

■ Dis 'n goed gebalansee­rde span met 'n baie sterk plaasverva­nger bank.

Kom kyk gerus Vrydagaand om 18:00. Kanse is baie goed dat jy die Perstruie met pers gesigte van die veld sal sien afstap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa