Oudtshoorn Courant

Plaaslike klubatlete wys hul slag

- HUGO REDELINGHU­YS

Lloyd Bosman en Melissa van Rensburg, albei van Nedbank, het oudergewoo­nte uitgestaan onder die plaaslike klubatlete wat verlede Saterdag aan die Pet r oS A padwedlope in Mosselbaai deelgeneem het.

Bosman was tweede in die halfmarath­on (21,1 km) in 'n tyd van 1:06:02 en Van Rensburg tweede in die 10 km (39,13).

Atlete van Gauteng het die marathon (42,2 km) oorheers.

Vier plaaslike atlete van Grasshoppe­r Outeniqua Harriers het in die halfmarath­on uitgeblink. Mxolisi Fana (1:21:15) was die eerste meestersat­leet oor die eindstreep met Peter Jaehne tweede (1:30:07).

Hul spanmaat Vuyo Witbooi was die tweede beste veteraan (1:24:56) terwyl Chané Gricius die eerste junior oor die eindstreep was in 1:46:37.

Wat die 10 km-wedloop betref, het Stephany Petro (40,32) en Candice van Beulen (42,58), albei van Nedbank, in die afdeling vir junior vroue die twee voorste plekke ingeneem.

Vier Nedbank-atlete het in die 10 km-stap skoonskip gemaak. Nolene van Rensburg was die beste vrouestapp­er en Antonio Farmer (wenner), Durando Aweries (2de) en Maxell Brown (3de) het in die mansafdeli­ng onder almal uitgestap.

Outeniqua Harriers se Wouter Frazenburg was die eerste veteraan in die 10 km met sy spanmaat Mauritz Janse van Rensburg tweede. Patrick Rawlins, ook van Outeniqua Harriers, was die eerste grootmeest­er.

Lindile Tokota en Selwyn Losper, albei Nedbank, was onderskeid­elik eerste en tweede in die marathon se meestersaf­deling.

Sidwell Oktober (Rainbow) was die derde beste grootmeest­er in die marathon.

 ?? Foto’s: Deidre Cloete ?? Die wegspring van die PetroSA-halfmarath­on (21,1 km) Saterdag op Mosselbaai.
Foto’s: Deidre Cloete Die wegspring van die PetroSA-halfmarath­on (21,1 km) Saterdag op Mosselbaai.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa