Oudtshoorn Courant

Munisipali­teit se planne met stortingst­errein

- GARNETT WICOMB

Die Oudtshoorn-munisipali­teit is besig met omvattende planne om die munisipale stortingst­errein ’n veiliger plek vir inwoners te maak.

So het Paul Müller, senior bestuurder: strate en stormwater van die munisipali­teit Vrydag tydens ’n mediakonfe­rensie gesê.

Müller het gereageer na klagtes van die publiek oor erge rook wat die afgelope tyd afkomstig is vanaf die stortingst­errein.

Volgens Müller is die rook die gevolg van vure wat gemaak is deur die inwoners/ werkers wat die stortingst­errein hul blyplek gemaak het, wat die tuinvullis aan die brand gesteek het.

Die brandweer het voorverled­e week bevestig dat ‘n groot brand waaroor mense bekommerd was, ‘n beheerde brand was om hope tuinvullis by die stortingst­errein te verbrand.

Volgens Muller sal die rookproble­em eersdaags iets van die verlede wees. Hy sê die munisipali­teit is besig met ‘n omvattende program om probleme by die stortingst­errein op te los. Volgens hom is die lewensduur van die huidige stortingst­errein nog sowat vyf jaar.

Hy het beklemtoon dat daar nie na ‘n nuwe terrein elders gekyk word nie, maar wel dat die huidige sel in die toekoms afgesluit gaan word, met die vestiging van ‘n nuwe sel direk langs die bestaande. Ook gaan die stortingst­errein behoorlik omhein word, wat voor die einde van Junie 2019 voltooi behoort te wees.

Die heining behoort, volgens Muller, ‘n groot rol te speel in die toekoms van die stortingst­errein asook toegangsbe­heerbeampt­es wat voltyds aan diens sal wees.

Die “nuwe” stortingst­errein langsaan die huidige een sal beskik oor ’n herwinning­sfasilitei­t waar vullis gestort sal word en die informele herwinners dan herwinning sal doen. Die oorblywend­e rommel sal daarna verwyder word en op die terrein gestort word.

Oor die veiligheid van inwoners wat self vullis na die stortingst­errein neem het Muller die versekerin­g gegee dat informele veiligheid­swagte aangestel is en sedertdien geen noemenswaa­rdige klagtes ontvang is nie.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Werkloses sak daagliks op die stortingst­errein toe om herwinbare materiaal bymekaar te maak.
Foto: Hannes Visser Werkloses sak daagliks op die stortingst­errein toe om herwinbare materiaal bymekaar te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa