Oudtshoorn Courant

Besoedelin­g van rivier steeds kopseer

- GARNETT WICOMB

Die besoedelin­g van die water in die Grobbelaar­srivier word deur die weermagbas­is veroorsaak en die munisipali­teit se hande is feitlik afgekap. So het Paul Müller, senior bestuurder: strate en stormwater, van die Oudtshoorn­munisipali­teit verlede Vrydag tydens ‘n perskonfer­ensie gesê.

Müller het egter beklemtoon dat dit nie rou riool is soos wat baie inwoners dink nie, maar wel vuil kombuis- en waswater wat weens rioolverst­opping op die terrein van die Infanterie­skool in ‘n stormwater­pyp beland en die water dan in die Grobbelaar­srivier by die hangbrug loop.

Volgens Müller het die munisipali­teit sowel as Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit reeds ‘n gesprek hieroor met die weermag gevoer, wat openlik is oor die probleem en bereid is om verstoppin­gs sonder versuim te herstel.

Volgens Müller is die basis ‘n nasionale sleutelpun­t waar die Oudtshoorn-munisipali­teit en distriksmu­nisipalite­it geen jurisdiksi­e het nie.

Hy verduideli­k dat die geringste rioolverst­opping op die basis daartoe lei dat kombuis- en waswater van soldate in die stormwater­stelsel van die munisipali­teit beland en in die Grobbelaar­srivier by die hangbrug gestort word.

Hy sê hoewel die weermag baie simpatiek staan teenoor die probleem, is infrastruk­tuur in die basis oud en kort dringend onderhoud.

Die hangbrug is ‘n nasionale erfenisgeb­ied met talle gastehuise in die omgewing en die stank is by tye ondraaglik.

Hangbrug

Oor die hangbrug in Kerkstraat wat onlangs herstel is nadat boosdoener­s talle van die loopplanke verwyder het, se Müller dat daar reeds weer van die planke voete gekry het. “Dit is ‘n groot probleem en ons het die publiek se hulp nodig om die kwaaddoene­rs vas te trek.

Hy het ‘n beroep om Oudtshoorn­iete gedoen om die munisipali­teit te help om die booswigte vas te trek. “Die hangbrug is ‘n nasionale gedenkwaar­digheid en toeriste aantreklik­heid wat bewaar moet word.”

Probleem by kruising van Van der Riet- en Baron van Reedestraa­t

Die Oudtshoorn-munisipali­teit wil graag die probleem van ongelukke by die kruising van Van der Riet- en Baron van Reedestraa­t oplos, maar het daarvoor die samewerkin­g van inwoners in die omgewing nodig het Müller gesê.

Volgens hom kan die verwyderin­g van ‘n groot blombak deel van die oplossing wees.

Hy is van mening dat die verwyderin­g daarvan die draai groter sal maak en ongelukke verminder.

Die munisipali­teit is egter onseker watter sentimente­le waarde die blombak moontlik vir inwoners in die omgewing het en sal graag insette wil kry oor wat om daarmee te doen.

“Dit is ook ‘n feit dat ongelukke vermy sal word indien motoriste en vragmotorb­estuurders by die spoedbeper­kings hou.”

Vierrigtin­gstopteken­s by twee

kruisings oorweeg

Die munisipali­teit oorweeg dit sterk om vierrigtin­gstopteken­s by die kruisings van Buitekant- en St Johnstraat asook by Jan van Riebeeckwe­g en Rademeyers­traat aan te bring sê Jean Cox, bestuurder: strate en stormwater van die munisipali­teit.

Volgens Cox is stappe in die verband reeds ver gevorder en kan dit moontlik binne die volgende maand ‘n werklikhei­d word. Verskeie ongelukke het reeds in die verlede by die twee kruisings plaasgevin­d.

Mense wat insette wil lewer kan Müller by 044 203 3000 skakel.

 ??  ??
 ?? Visser
Foto: Hannes ?? Die hangbrug, wat skaars twee maande gelede ten volle herstle is, loop reeds weer onder vanadalism­e deur.
Visser Foto: Hannes Die hangbrug, wat skaars twee maande gelede ten volle herstle is, loop reeds weer onder vanadalism­e deur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa