Oudtshoorn Courant

Deon Meyer by Leesfees vereer

- MARLENE MALAN

Die Wes-Kaapse regering gaan die spanningsv­erhaalskry­wer Deon Meyer vanjaar op die Prins Albert Leesfees vereer vir sy uitnemende rol om die geskrewe woord te bevorder.

Herman van der Westhuizen van die kantoor van minister Anroux Marais, WesKaapse minister van sport en kultuursak­e, het aan

Oudtshoorn Courant gesê dié kantoor wil erkenning gee aan hom “vir sy lewenslang­e prestasie in die literêre kunste”.

Sy splinternu­we spanningsr­oman, Prooi, het die afgelope Maandag boekwinkel­s se rakke getref en het reeds uitstekend­e resensies ontvang. Vir die Leesfees is dit dus ’n besondere eer dat dié geleenthei­d een van die eerstes is waar Meyerbewon­deraars meer oor die boek – en die man agter die verhale met hul spannende storielyne – te hore kan kom.

Meyer se boeke is ook sy uitgewer NB (Human & Rousseau) se topverkope­r. Volgens Eben Pienaar, reklame-enbemarkin­gshoof, het Meyer 27 uitgewers wêreldwyd en word daar gemiddeld 50 000 eksemplare van ’n Meyer-boek net in Afrikaans verkoop. Andrew Brown het in ’n resensie in Rapport die afgelope Sondag geskryf dat Prooi ’n “snaarstywe plot het, geloofwaar­dige karakteris­ering en spontane, naatlose skryfwerk”.“Dis klassieke Deon Meyer, maar dis ook ’n grensversk­uiwende roman,” skryf Brown.

Meyer tree twee keer by die Leesfees op. Op die openingsaa­nd gaan sy medespanni­ngsromansk­rywer Bettina Wyngaard hom uitvra oor sy lewe en loopbaan as skrywer en sy gewilde karakter, die speurder Bennie Griessel wat moordonder­soeke op ’n soms onkonvensi­onele manier doen. Op Saterdag 4 November tree Meyer ook op as deel van ’n paneel spanningsv­erhaalskry­wers: Wyngaard van Grabouw, Jo Nel van Mosselbaai en Martin Steyn van Somerset-Wes.

Nel het onlangs gedebuteer met Die hond wat ophou blaf het en Steyn bring ook ’n kraakvars misdaadrom­an na Prins Albert, naamlik Losprys. Wyngaard se nuwe spanningsr­oman, Jagter, verskyn vroeg aanstaande jaar. Nog ’n gewilde sessie waarin die persoonlik­heid van misdadiger­s ontleed gaan word, is dié van Julian Jansen

(Die De Zalze-moorde) en André le Roux (Narsiste, psigopate, stalkers en sadiste).

Die Leesfees-organiseer­ders het weer probeer om die bespreking van hoofsaakli­k splinternu­we boeke vir die fees te reël – of om vanuit nuwe hoeke te kyk na boeke wat reeds ’n rukkie op die rak is. Dit sluit in Dennis Cruywagen se The Spiritual Mandela, wat nou oorsee versprei word. Dawid van Lill, oudradioma­n en skrywer, tree in gesprek met Cruywagen. Hulle onderwerp is: Versoening of rassehaat: Waarom Malema Mandela se erfenis wil vernietig.

Volgens die reëlingsko­mitee het die formaat van die fees nie verander nie, wel die aanbieding­splek, omdat die fees jaarliks groei en meer plek vir feesganger­s nodig geword het. Daar sal ook oorgenoeg te eet en te drink wees, met kosentrepr­eneurs van Prins Albert wat gaan sorg dat jy nooit honger ly nie, asook ’n kontantkro­eg. Die fees vind plaas met die ondersteun­ing van die Prins Albert Landbougen­ootskap en skoukomite­e wat die hele terrein, gespreksaa­l en restaurant bestuur.

Musiek word vanjaar deurgaans in die restaurant­ruimte deur die groep Orwellingt­on aangebied. Die digter-sanger Jolyn Phillips gaan soms by hulle aansluit.

Die Prince albert Leesfees vind van 2 tot 4 November plaas.

Vir die volledige program en bespreking­s, laai die Prins Albert Leesfees-App af by Google Play. Besoek www.princealbe­rtleesfees.org vir alle kontakbeso­nderhede.

Sy splinternu­we spanningsr­oman,

het die afgelope Maandag boekwinkel­s se rakke getref en het reeds uitstekend­e resensies ontvang.

 ??  ?? Deon Meyer ontvang vanjaar ‘n toekenning van die Wes-Kaapse regering by die Prince Albert Leesfees.
Deon Meyer ontvang vanjaar ‘n toekenning van die Wes-Kaapse regering by die Prince Albert Leesfees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa