Oudtshoorn Courant

ACT SA en DBV werk saam

-

Animal Care Team SA (ACT SA) het Dinsdag hul eerste uitreik saam met die Tuinroete-dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) gehad.

Volgens Vanessa Engelbrech­t, voorsitter van ACT SA, was dit die eerste van vele uitreike wat hulle saam met die DBV en Oudtshoorn se staatsveea­rts beplan het.

"Ons was in Blomnek, De Rust waar ons 80 diere behandel het.

Hulle is ontwurm en gedip en 37 van hulle is bespreek om in November gesterilis­eer te word."

Engelbrech­t sê die idee met die uitreike is om die DBV te help om hulself solank is die Oudtshoorn-streek te hervestig tot hulle permanent hier kan wees.

"Dit is ons manier om hulle te help om die area te leer ken en ook om as organisasi­e bystand aan die DBV te verleen."

Die DBV het in 2013 uit Oudtshoorn onttrek, maar het tender van die munisipali­teit ontvang om vanjaar die munisipale skut oor te neem.

Die Oudtshoorn Courant het vroeër vanjaar berig dat die proses sloer omdat daar gewag word vir 'n geskikte perseel waar die DBV hulself kan vestig.

Die DBV sou na die munisipale depot verskuif het, maar daar is in Augustus vanjaar, tydens 'n spesiale raadsverga­dering, besluit dat die depot nie 'n geskikte perseel is nie.

Ntobeko Mangqwengq­we, woordvoerd­er van die munisipali­teit, sê hulle is in die proses om ‘n nuwe perseel te kry.

 ??  ??
 ??  ?? Van links: Vanessa Engelbrech­t (voorsitter ACT SA), Gerda Reynders (DBV-inspekteur), Salomé Bruyns (DBV-senior inspekteur), Elmarie Swiegers (ACT SA), Lee-Ann van Sittert (ACT SA), Cathy Fox (staatsveea­rts) en Karlien Botha (staatsveea­rts).Salomé Bruyns van die DBV.
Van links: Vanessa Engelbrech­t (voorsitter ACT SA), Gerda Reynders (DBV-inspekteur), Salomé Bruyns (DBV-senior inspekteur), Elmarie Swiegers (ACT SA), Lee-Ann van Sittert (ACT SA), Cathy Fox (staatsveea­rts) en Karlien Botha (staatsveea­rts).Salomé Bruyns van die DBV.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa