Oudtshoorn Courant

Luiperd bring verrassing­sbesoek

- TISHA STEYN

Nadat Sylvester die leeumannet­jie sowat drie jaar gelede die Karoo Nasionale Park landwyd in die nuus gehad het met sy wanderlust, het nog ‘n kat nuus gemaak. Hierdie keer is dit die opwagting van ‘n luiperd wat die personeel van die park laat regop sit. Die luiperd is vroeër vanjaar op beeldmater­iaal van ‘n veldkamera vasgelê.

Die kamera is deur prof. Jan Venter en dr. Craig Packer van die Nelson Mandela Universite­it in Port Elizabeth opgestel om wild in die park te monitor.

Volgens Riaan Nel, senior veldwagter, is dit van die enkele foto duidelik dat die sterk nek en kop dié van ‘n volwasse mannetjie is.

Die teenwoordi­gheid van die luiperd op die fotomateri­aal was ‘n groot verrassing vir Nico van der Walt, bestuurder van die park. Volgens hom was daar nog nooit enige tekens van luiperds in die park sedert dit in 1971 tot stand gekom het nie.

Dit is bekend dat daar vroeër luiperds in die Nuweveldbe­rge rondom die park voorgekom het, maar destyds is na hulle verwys as “tiers”.

Abraham de Klerk van die plaas Hooyvlakte, waarop Beaufort-Wes tot stand gekom het, het glo teen 1804 nege “tiers” gesien.

Dis nie duidelik wanneer die laaste luiperd in die berge gesien is nie, maar sowat 25 jaar gelede het ‘n motoris glo een op die N1 noord van Beaufort-Wes waargeneem.

Die luiperd het vermoedeli­k uit die NoordKaap of die berge van die Klein-Karoo of Suid-Kaap gekom, maar dit is bespiegeli­ng.

Navorsing dui daarop dat die Wes-Kaap se luiperds omtrent die helfte kleiner is as luiperds wat in die noordelike provinsies voorkom, en hulle weeg gemiddeld sowat 35 kg; die wyfies is sowat

5 kg ligter. ‘n Volwasse luiperdman­netjie se loopgebied is sowat 200 vk km. “As hy nog hier is, sal ons hom dalk op die kameras sien wanneer ons die foto’s weer in November aflaai,” sê Nel.

Volgens Nel sal die luiperd, wat op ‘n kamera in die Kookfontei­narea van die park gekiek is, waarskynli­k ‘n koedoe in die rivierlope plattrek. “Wanneer ons leeuvangst­e naloop is daar gewoonlik so min van die karkasse oor dat dit moeilik is om vas te stel of dit ‘n leeu of luiperd se werk was. Luiperds is opportunis­tiese jagters en sal enige prooi vang wat oor sy pad kom.”

Volgens Van der Walt sal dit interessan­t wees om vas te stel hoe wyd hierdie luiperd rondloop, en of hy gekom het om te bly. Hy versoek dat enigiemand wat dalk ‘n luiperd sien die parkperson­eel by 023 415 2828 sal kontak.

 ?? Foto: Garnett Wicomb ?? Dirk Stolz (tweede van regs) saam met die wykraadsli­d Jerome Lambadjeen, burgemeest­er Colan Sylvester en die Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersetti­ng, Bonginkosi Madikizela in sy nuwe huis.
Foto: Garnett Wicomb Dirk Stolz (tweede van regs) saam met die wykraadsli­d Jerome Lambadjeen, burgemeest­er Colan Sylvester en die Wes-Kaapse LUR vir menslike nedersetti­ng, Bonginkosi Madikizela in sy nuwe huis.
 ??  ?? Die foto van ‘n luiperd op ‘n veldkamera het personeel van Karoo Nasionale Park baie opgewonde, omdat dit die eerste luiperd is wat nog ooit hier waargeneem is.
Die foto van ‘n luiperd op ‘n veldkamera het personeel van Karoo Nasionale Park baie opgewonde, omdat dit die eerste luiperd is wat nog ooit hier waargeneem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa