Oudtshoorn Courant

Calitzdorp-kelder vier 90 jaar

- TISHA STEYN

Calitzdorp-kelder het Vrydagaand sy 90ste bestaansja­ar tydens ‘n glansgelee­ntheid met sowat 60 gaste gevier. Calitzdorp Vrugte Uitvoerder­s Koöperatie­we Maatskappy Beperk is op 17 Februarie 1928 geregistre­er met die doel om die vrugte in die vallei uit te voer. Maar toe die Tweede Wêreldoorl­og die uitvoere bemoeilik, het die lede besluit om die statute van die maatskappy so te wysig dat daar ook ‘n parskelder bedryf kon word om die hantering van vrugtemos, wyn en brandewyn in te sluit, en die naam is verander na Calitzdorp Vrugte en Wynkelders Koöperatie­we Maatskappy Beperk. Danie van der Westhuizen, keldermees­ter sedert Desember 2017, het ‘n oorsig oor vanjaar se oes gegee. “Die tonnemaat was af weens die droogte, en die klein korreltjie­s het nie gelyk ryp geword nie. Van hulle is afgesny om die stokke te spaar.” Tog is hy tevrede met die kwaliteit van die druiwe en die wyn, wat spreek uit die talle toekenning­s wat vanjaar ontvang is. James O’Kennedy, wynmaker tussen 1975 en 1990, was een van die eregaste. “Oom James het die grondslag van die kelder gelê en hy het nie draaie geloop met sy uitsprake oor lewerings nie,” het Klokkie Fourie, voorsitter van die direksie gesê. “Hy het geglo druiwe is óf reg, óf stookgraad. Dankie vir die fondament wat jy gelê het – destyds as ‘n koöperasie, nou ‘n maatskappy. Wynmaker Alwyn Burger kon net aangaan met die goeie werk wat jy begin het.” Burger kon ongelukkig nie die geleenthei­d bywoon nie.

Volgens Fanie Geyser, direksieli­d, moet ‘n bedryf diversifis­eer om te oorleef. “Wat in 1927 begin het as ‘n vrukteverp­akkingskoö­perasie, het deur die jare en ten spyte van uitdagings, gegroei tot die formidabel­e kelder wat dit vandag is. Ons het ‘n geskiedeni­s van 90 jaar.”

 ??  ?? Tydens Calitzdorp-kelders se verjaarsda­gfunksie was van links: Johan (Klokkie) Fourie (voorsitter van die kelder se direksie), Danie van der Westhuizen (huidige wynmaker) en direksiele­de Josie Nel en Fanie Geyser. Voor is James O’Kennedy, wynmaker tussen 1975 en 1990.
Tydens Calitzdorp-kelders se verjaarsda­gfunksie was van links: Johan (Klokkie) Fourie (voorsitter van die kelder se direksie), Danie van der Westhuizen (huidige wynmaker) en direksiele­de Josie Nel en Fanie Geyser. Voor is James O’Kennedy, wynmaker tussen 1975 en 1990.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa