Oudtshoorn Courant

Inligtings­dag verloop glad

- TISHA STEYN

Sowat 70 groentesaa­dprodusent­e het verlede Woensdagmi­ddag ‘n inligtings­essie op Johan en Romana Strasheim se plaas Te Vrede op Kruisrivie­r bygewoon.

Die inligtings­essie het Klein Karoo Saadproduk­sie se jaarlikse erkennings­aand voorafgega­an. Pieter Burger van KKSP het meer vertel oor die Israeliese benadering tot bestuiwing, Strasheim het die voordele van vogmeters (probes) uit eie ervaring bespreek, en Gielie Basson van Agri

Soil het die voordele van beroking in grondvoorb­ereiding toegelig.

Suksesvoll­e bestuur van bye vir bestuiwing berus op verskeie faktore, soos die teenwoordi­gheid van veldblomme, die sinkronisa­sie van die blomfase, die beste tyd om korwe in te bring, die beheer van peste soos varoa en byevangers, en die korrekte besproeiin­g. “Voldoende water is nodig vir die vorming van nektar en aantreklik­heid van blomme gedurende bestuiwing,” sê Burger.

Dit is die byeboer se verantwoor­delikheid om seker te maak dat die korf op standaard is en dat die korwe op die korrekte plekke geplaas word. “‘n Gesonde korf het ten minste agt rame vol bye waarvan vier tot ses rame eiers, jongbye en larwes in verskillen­de stadiums van ontwikkeli­ng moet bevat.”

Volgens Strasheim kan sekere produksief­aktore soos die beskikbare geld, grond, tyd en kwaliteit beheer word, maar “daar is net soveel water”, wat hy met grondvogme­ters in sy saadlande bestuur.

Omdat die grond op ‘n plaas en selfs in dieselfde land verskil, is dit ideaal om meer as een vogmeter in verskillen­de dele van ‘n land te hê. Die vogmeters versamel 24/7 data wat uiteindeli­k op ‘n rekenaarsk­erm (of selfoonske­rm) aantoon wat die voginhoud van die grond is, waaruit bepaal kan word wat die optimale hoeveelhed­e water in watter deel van die land benodig word.

Volgens hom is dit verkieslik om ook ‘n reënmeter en thermomete­r aan die stelsel gekoppel te he ten einde vas te stel wat reënval en temperatuu­r op grondvogin­houd en plante se ontwikkeli­ng het.

Strasheim glo sy uitstekend­e opbrengs is te wyte aan goeie waterbestu­ur. “Tegnologie is oënskynlik duur, maar die vraag is hoe duur dit is om nie hierdie tegnologie te benut nie.”

Maar al is die tegnologie in plek, is dit belangrik om self te gaan kyk wat in die landerye aangaan om sodoende die “persoonlik­heid” van elke aanplantin­g te bepaal!

Kontak Pieter Burger by 044 203 5100 vir meer inligting.

 ??  ?? Produsente by Johan Strasheim se uieland op sy plaas Te Vrede.
Produsente by Johan Strasheim se uieland op sy plaas Te Vrede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa