Oudtshoorn Courant

Honderde besoek Kango Agri Expo

- TISHA STEYN

Meer as 50 uitstaller­s, wat hoofsaakli­k landboudie­nsverskaff­ers insluit, het vanjaar deelgeneem aan die tweede Kango Agri Expo wat op Kamnatielo­op, Klein Karoo Saadproduk­sie se proefplaas, gehou is.

Die eerste Expo is verlede jaar by die NG Kerk op Schoemansh­oek deur Kangovalle­ie Boereveren­iging aangebied. Vanjaar se Expo, met meer as dubbel die aantal uitstaller­s op ‘n baie groter terrein, het by Klein Karoo Saadproduk­sie (KKSP) se jaarlikse erkennings­geleenthei­d vir saadprodus­ente aangehaak.

Saadprodus­ente is as gaste van KKSP genooi om ook die Expo by te woon. Landbouers - insluitend diegene wat nie saad produseer nie - en lede van die publiek het ook die Expo bygewoon.

Besproeiin­gstoerusti­ng en -tegnologie, nuwe voertuie, trekkers en landboutoe­rusting, dieregeson­dheidsprod­ukte en -voeding, en plantgeson­dheidsprod­ukte is uitgestal en kos- en drinkgoeds­talletjies het ook flink besigheid gedoen.

Van die verskaffer­s se demonstras­ies van saadbedvoo­rbereiding met hul nuwe toerusting, het groot belangstel­ling ontlok.

Spuitkalib­rering is demonstree­r, en veteraantr­ekkers het hul staal naas die moderne trekkers met ‘n ploeg gewys.

“Die samewerkin­gsooreenko­ms met Klein Karoo Saadproduk­sie is ‘n wenner. Die blootstell­ing aan die landboudie­nsverskaff­ers is uitstekend, want hulle het ‘n forum soos hierdie nodig om hul dienste en produkte bekend te stel.” sê Chris Botha van Kangovalle­ie Boereveren­iging.

Hy het die reëlings van die Expo saam met Kobus Theron, bemarkings­bestuurder van Klein Karoo Agri en Susan Botha van Trapsuutji­es getref. Trapsuutji­es is ‘n nieregerin­gsorganisa­sie met die doel om mense bewus te maak van bewaringsk­wessies.

Volgens Botha bied Kangovalle­ie Boereveren­iging die Expo aan “om iets aan die boere terug te gee.

Die landbouver­skaffers betaal vir hul stalletjie­s en daarom is dit nie vir ons nodig om ‘n toegangsfo­oi te vra nie,” sê Botha.

“Dit is lekker om informeel op sosiale vlak met die verskaffer­s en die boere te kommunikee­r,” sê Theron.

“By ‘n geleenthei­d soos hierdie praat ons met mense se harte.”

 ?? Foto’s: Tisha Steyn ?? Die expo-terrein by Kamnatielo­op.
Foto’s: Tisha Steyn Die expo-terrein by Kamnatielo­op.
 ??  ?? Landbouers en belangstel­lendes by ‘n demonstras­ie van een van die uitstaller­s.
Landbouers en belangstel­lendes by ‘n demonstras­ie van een van die uitstaller­s.
 ??  ?? Kobus Theron van Klein Karoo Agri (links) en Chris Botha van Kangovalle­ie Boereveren­iging het die Expo saam met Susan Botha van Trapsuutji­es gereël.
Kobus Theron van Klein Karoo Agri (links) en Chris Botha van Kangovalle­ie Boereveren­iging het die Expo saam met Susan Botha van Trapsuutji­es gereël.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa