Oudtshoorn Courant

Conrique op pad na Sri Lanka

- LIEZL VAN NIEKERK

‘n Groot eer het Conrique Kock (17), ‘n matrieklee­rder van Hoërskool Oudtshoorn en uitmuntend­e krieketspe­ler, te beurt geval.

Kock is gekies om Junie volgende jaar aan die Puntfest-kriekettoe­rnooi in Sri Lanka deel te neem.

“Ek is trots daarop. Krieket is een van my groot passies in die lewe. Ek sal graag eendag vir die Protea-span wil speel en wil ook graag regte gaan studeer,” het hy trots gesê.

Kock se ma, Nicolene Hefke sê sy is geweldig trots op haar seun.

“Hy is tydens die punteweek as beste bouler aangewys en het toe die uitnodigin­g gekry. Dit is ‘n eenkeer in ‘n leeftyd geleenthei­d vir my kind en ek gun dit vir hom uit die diepte van my hart omdat ek weet hy werk hard vir wat hy wil hê.”

Die spelers wat na Sri Lanka gaan is ‘n span wat uit spelers van die Wes-Kaap gekies is wat aan die punteweek deelgeneem het.

Hefke sê die kinders gaan vier wedstryde teen spanne van Sri Lanka speel en daar gaan ook mense wees wat gaan help om hul talent te ontwikkel.

“Dit is net ‘n geweldige duur storie om hom daar te kry. Die hele toer kos R37 190 en ons moet aan die einde van die maand die eerste R5 000 in betaal. Ons is reeds besig om geld te samel vir hom,” het Hefke gesê.

Enigiemand wat wil help kan Hefke by 078 754 7494 skakel.

 ??  ?? Conrique Kock
Conrique Kock

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa