Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn­iete skitter in Cape Pioneer

-

Vier Oudtshoorn­iete was Saterdag op die podium na afloop van die uitmergele­nde ses skofte oor 530 km van die Momentum Health Cape Pioneer Trek aangebied deur Biogin. Die vier wat hulle podiumplek­ke losgetrap het was Matthys Beukes, Yolandi de Villiers en Kobus en Fienie Barnard.

Beukes, wat in Oudtshoorn grootgewor­d het was saam met sy spanmaat Philip Buys, die algehele manswenner­s. De Villiers en haar spanmaat, Charles McFall, was die eerste gemengde span met Kobus en Fienie Barnard tweede.

Manswedren was ‘n verbete stryd

Beukes en Buys van Team Pyga Euro Steel moes alles uithaal om as die manswenner­s op die podium te staan. Na ses dae se uiters uitdagende skofte oor 530 km het hulle op die nippertjie tydens die laaste skof die knoop deurgehaak. Dit was die eerste gesamentli­ke oorwinning vir die twee bergfietsr­yers in dié wedren wat vanjaar vir die tiende keer aangebied is. Beukes is ‘n bekende gunsteling van die jaarlikse wedren. Met belangrike wedrenne soos die Absa Cape Epic wat nog voorlê sê hy: “Ek ken die roetes baie goed. Ons ry oor moeilike terrein wat ons fietse en ons liggame tot die uiterste toets en dit maak hierdie wedren ‘n uitstekend­e voorbereid­ing vir die groot wedrenne op die internasio­nale kalender.”

Die tweedeplek­wenners, Alan Hatherly wat verlede jaar se wenner was, en Denemarke se Simon Andreassen van Team Spur Specialize­d het Beukes en Buys se oorwinning alles behalwe maklik gemaak.

Na ‘n week se naelbytstr­yd tussen die twee spanne was die laaste skof van 64 km deur Chandelier Wildsplaas die beslissend­e een. Die twee spanne was kop aan kop en een enkele fout of papwiel sou die verskil beteken.

Dit was uiteindeli­k Hatherly wat Saterdagog­gend eerste oor die wenstreep voor die Queens Hotel gejaag het, maar met Beukes en Buys enkele sekondes agter hom is hulle plek as algehele wenners beklink. Matt Beers en Gawie Combrinck was derde.

Internasio­nale dames wen

Die internasio­nale span van die Duitser, Cemile Trommer en Karen Brouwer van Nederland was die algehele vrouewenne­rs met Yolandi du Toit en Catherine Williamson tweede. Simone van Aardt en Sarita Louw was derde.

Sjampanje het gevloei toe die ongeveer 500 ryers uiteindeli­k oor die wenstreep in Baron van Reedestraa­t ry en nog ‘n Cape Pioneer Trek op hulle kerfstokke kon afmerk.

‘Ek ken die roetes baie goed. Ons ry oor moeilike terrein wat ons fietse en ons liggame tot die uiterste toets en dit maak hierdie wedren ‘n uitstekend­e voorbereid­ing.’

 ??  ??
 ??  ?? Die Duitser, Cemile Trommer en Karen Brouwer van Nederland was die algehele vrouewenne­rs.
Die Duitser, Cemile Trommer en Karen Brouwer van Nederland was die algehele vrouewenne­rs.
 ?? Foto’s: Zoon Cronjé ?? Matthys Beukes en Philip Buys by die wenstreep.
Foto’s: Zoon Cronjé Matthys Beukes en Philip Buys by die wenstreep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa