Oudtshoorn Courant

Rugbyspele­r steeds vermis

- LIEZL VAN NIEKERK

Vyf dae nadat ‘n rugbyspele­r van Bridgton rugbyklub, Gaylon Piedt (26), verlede Saterdag in die see by Wilderness verdwyn het, was sy liggaam teen gister steeds nie gevind nie. Piedt en ‘n groep vriende was Saterdag op ‘n uitstappie by Leentjiesk­lip in Wilderness toe hy onder die water verdwyn het.

Die NSRI het Saterdag om 11:45 hulle reddingsbo­ot sowel as hulle reddingsvo­ertuig ontplooi toe hulle die oproep van Piedt se verdrinkin­g ontvang het. Volgens die NSRI kon hulle in samewerkin­g met die polisie, nie die liggaam opspoor nie. Sedertdien het polisiedui­kers verskeie kere sonder sukses na die liggaam gesoek.

Die feit dat sy liggaam nog nie gevind is nie, maak die situasie vir almal wat vir hom lief is, ongeloofli­k moeilik. So sê

Andrea Jooste, Piedt se verloofde.

“Hy sou Saterdag teruggekom het, maar toe kry ons die tyding dat hy verdrink het. Hy en sy vriende het gaan swem. Sy een vriend het verduideli­k dat Gaylon tot by die klippe gaan swem het en onder die water ingegaan het. Hy het opgekom, maar weer onder die water verdwyn. Dit was die laaste keer wat hulle hom gesien het.”

Jooste sê die Nasionale Seeredding­sinstituut is sedert Saterdag nog elke dag besig om na hom te soek.

“Die feit dat ons nie weet waar hy is nie maak dit só moeilik. Om hom te verloor is klaar erg. Dit voel of iemand ‘n stuk van my weggeruk het. Sy pa, Henry Jafta, is steeds daar en het Saterdag gesê hy kom nie huis toe voor sy seun gevind is nie.”

Jooste sê Piedt was nie net die liefde van haar lewe nie, maar ook haar beste vriend. “Ons gaan al van skool af uit. Hy het my gekies bo almal en sedertdien staan hy my met als by. Ek was swanger met my oudste kind, Charlin (7). Gaylon is die enigste pa wat sy ken. Hy maak haar groot asof dit sy eie kind is. Sy noem hom pappie. Hy sou die week na haar prysuitdel­ing gegaan het, maar ek het nie eens kans gehad om hom te vertel dat sy ‘n sertifikaa­t gaan kry nie. Ons kleintjie, Lameez, is vier jaar oud.

Ek moet sterk wees vir my kinders, maar dit is so vreeslik moeilik omdat ons nie kan berusting kry nie. Hy was die beste pa vir sy twee kinders en die beste man waarvoor ek kon vra. Hy was die liefde van lewe.”

Jafta was gister steeds in George waar hy wag op nuus van sy seun. Piedt se ma is ‘n aantal jare gelede oorlede.

Piedt was deel van die Bridgton-rugbyklub waar hy as losskakel en senter gespeel het. Die klubvoorsi­tter, Benito Metembo, het hierdie week gesê die voorval is vir die klub baie hartseer.

“As klub wil ons dankie sê aan sy familie wat hom toegelaat het om vir ons te speel en op so ‘n manier deel van sy lewe kon wees. Ons wens hulle sterkte toe in hierdie moeilike tyd en hulle kan verseker wees dat hy altyd ‘n boy van ons sal wees.”

 ??  ?? Leentjiesk­lip in Wildernis waar Gaylon Piedt in die see verdwyn het.
Leentjiesk­lip in Wildernis waar Gaylon Piedt in die see verdwyn het.
 ?? Foto: Ebeneser Titus ?? Gaylon Piedt (met die bal) tydens een van Bridgton se wedstryde.
Foto: Ebeneser Titus Gaylon Piedt (met die bal) tydens een van Bridgton se wedstryde.
 ?? Foto: Verskaf ?? Gaylon Piedt en Andrea Jooste.
Foto: Verskaf Gaylon Piedt en Andrea Jooste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa