Oudtshoorn Courant

Arende oordonder, maar nie verneder nie

- HUGO REDELINGHU­YS

Ons het nou ‘n proesel van Premierlig­a-rugby gekry, maar ons moet brutaal eerlik hieroor wees: die Arende is nog nie reg om op dié vlak mededingen­d te wees nie.

Só het Rynhard van As, hoofafrigt­er van die SWD Arende, aan die George Herald gesê nadat die Vrystaat Cheetahs hulle Dinsdagaan­d in Bloemfonte­in in‘ n promosie relegasie wedstryd met 36-5 geklop het.

Dus behou die Vrystaat hul Curriebeke­r-status in die Premierlig­a terwyl die Arende hul kroon in die Eerste Liga gaan verdedig.

Vooraf het min mense die Arende ‘n wenkans gegee hoewel die SuidKaap heimlik op ‘n wonderwerk gehoop het. Maar dit was die Arende, wat vanjaar ‘n skittersei­soen agter die rug het, nie beskore nie. In hul belangriks­te wedstryd van die jaar, dié uitspeelst­ryd in Bloemfonte­in, was die hekkie veels te hoog en kon hulle nie hond haaraf maak teen die Vrystaat wat sy grofgeskut ingespan het nie.

Die Vrystaat, angsbevang­e dat die onbesonge besoekers uit die SuidKaap hom uit die Curriebeke­r se topliga sou boender, het sy span met sy Pro14-groep versterk en ook twee Springbokk­e in sy span ingesluit. En dis glo nie net in Bloemfonte­in waar daar rondgeskar­rel is om te verseker die Vrystaat bly in die Premierlig­a nie... Met soveel op die spel, veral vir die Vrystaat, was daar van aanskoulik­e spel maar min te sien.

Die eerste helfte was saai en albei spanne het met oorhaastig­e spel onnodige foute gemaak. Oorgretigh­eid by die afbreekpun­te en ook op die aanval het talle belowende bewegings laat skipbreuk lei. Tog het mens half verwag die Vrystaat, met sy volle arsenaal tot sy beskikking, die Arende soos ‘n wegholbran­d sou tref. Met hul oorheersin­g van alle fasette van die spel moes die tuisspan teen rustyd (19-0) verder voorgeloop het.

Die Arende se grootste kopseer was swak dissipline en die skeidsregt­er, Jaco Peyper, het hulle genadeloos gestraf. Soms dalk te straf. Die onkantreël is, wat die tuisspan betref, suinig toegepas.

Die Arende-stut, Gift Sofisa, is met ‘n geelkaart vir herhaalde oortreding­s in die skrums afgestuur en toe die Vrystaat kort daarna ‘n strafdrie as pasella kry, was die koeël deur die kerk.

Die Vrystaat het die Arende toe behoorlik in die skrums opgekeil. En die bietjie momentum wat die Arende opgebou het, is met beserings versteur.

Een daarvan aan die Arende se besielende kaptein en haker, Jacques Vermaak.

Teen die einde het die Arende verwoed aangeval en verskeie belowende bewegings in die Vrystaat se kwartgebie­d aanmekaar geslaan, maar hulle kon net nie afrond nie.

Ses drieë teenoor die Arende se een - deur die plaasverva­nger-senter Vuyo Mbotho het die Vrystaat se oorheersin­g onderstree­p.

 ??  ?? Brendon Esterhuize­n, plaasverva­nger-losvoorspe­ler, val sterk aan met met Ganfried May, vleuel, wat links in sy spore omdraai om hom te volg.
Brendon Esterhuize­n, plaasverva­nger-losvoorspe­ler, val sterk aan met met Ganfried May, vleuel, wat links in sy spore omdraai om hom te volg.
 ??  ?? Le Roux Baard het as plaasverva­ngerhaker die beseerde Jacques Vermaak vervang en ‘n paar mooi kraglopies ingekry.
Le Roux Baard het as plaasverva­ngerhaker die beseerde Jacques Vermaak vervang en ‘n paar mooi kraglopies ingekry.
 ??  ?? Dié belowende aanval van Kirsten Heyns, vleuel, het so amper op ‘n drie vir die Arende uitgeloop. Links rek Tyler Fisher, senter, sy treë om by te bly.
Dié belowende aanval van Kirsten Heyns, vleuel, het so amper op ‘n drie vir die Arende uitgeloop. Links rek Tyler Fisher, senter, sy treë om by te bly.
 ??  ?? Die rateltaaie flank, Janneman Stander, beur tussen twee Vrystaters deur.
Die rateltaaie flank, Janneman Stander, beur tussen twee Vrystaters deur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa