Oudtshoorn Courant

Bomfopper laat polisie skarrel

- HANNES VISSER

‘n Fop bomdreigem­ent na die polisie se beheerkame­r het Woensdagog­gend dienste by twee sakeondern­emings en drie instansies tot stilstand gebring.

Volgens sers. Gretchen Michaels, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, het ‘n man Woensdagog­gend omstreeks 09:00 die polisie geskakel en gesê daar is vyf bomme geplant. Die bomme was glo by die Thusong-sentrum en die department van binnelands­e sake in Bongolethu, SuidKaap Kollege in Adderleyst­raat, Checkers en Shoprite. Volgens Michaels het die man sy stem vermom om soos ‘n buitelande­r te klink.

“Ons het onmiddelli­k voertuie na die onderskeie plekke gestuur om die geboue te ontruim terwyl snuffelhon­de en speurders begin het om die plekke een vir een te deursoek.”

Die span is eers na die Thusong-sentrum toe, daarna het binnelands­e sake aan die beurt gekom. In die middedorp is Checkers eers deursoek, gevolg deur Shoprite en daarna die kollege. Studente wat by die kollege besig was met eksamenskr­yf het ‘n aantal benoude minute ervaar terwyl hulle vertrekke eerste deursoek is sodat hulle met die eksamen kon voortgaan.

Geen ploftoeste­lle of verdagte voorwerpe is by enige van die plekke gevind nie en teen 10:30 kon normale aktiwiteit­e by die onderskeie plekke voortgaan.

Volgens die polisie word geen dreigement ligtelik opgeneem nie, maar hulle hou ook in gedagte dat bomdreigem­ente soms gemaak word om ander misdadige aktiwiteit­e te verbloem. As voorsorg hiervoor is polisievoe­rtuie na die ingange van die dorp gestuur om voertuie te monitor en op die uitkyk te wees vir enige verdagte optrede.

Om bomdreigem­ente te maak is ‘n misdaad en oortreders kan ernstige vonnisse opgelê word indien hulle skuldig bevind word.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Die afgesperde ingang van Shoprite tydens Woensdag se bomdreigem­ent.
Foto: Hannes Visser Die afgesperde ingang van Shoprite tydens Woensdag se bomdreigem­ent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa