Oudtshoorn Courant

Jansen beste wiskunde onnie in Wes-Kaap

- TISHA STEYN

Philip Jansen, wiskunde onderwyser van Fezekile Sekondêr, is pas aangewys as die beste wiskunde onderwyser vir gr. 10, 11 en 12 in die Wes-Kaap.

Hy het die toekenning by die Lord Nelson Hotel in Somerset-Wes ontvang waar die provinsie se onderwyser­s vir uitnemendh­eid in onderwys beloon is. Dit is ‘n nasionale kompetisie en as wenner van sy kategorie in die WesKaap vertrek hy Maandag saam met ander finaliste na Johannesbu­rg waar die uitdunne vir die nasionale kompetisie sal plaasvind.

Dié 36-jarige onderwyser hou die afgelope drie jaar skool by Fezekile, waar hy vir gr. 10 tot 12 wiskunde gee. Hy het hier grootgewor­d in ‘n ouerhuis waar pa, Frank en ma, Caroline onderwyser­s was. Hy was by Colridge Primêr en Laerskool Van Reede voordat hy by Hoërskool Oudtshoorn gematrikul­eer het. Daarna het hy B. Ed met wiskunde en rekeningku­nde as hoofvakke by Nelson Mandela Universite­it in George studeer.

Hy is drie jaar gelede deur die hoof van Fezekile genader en hy het die wiskundepo­s aanvaar. “Ek geniet wat ek doen volkome,” sê hy.

Hy sonder Mariëtte Mostert van Hoërskool Oudtshoorn en Phil Mooney en Vincent Isaacs van Bridgton Sekondêr uit as onderwyser­s wat ‘n groot rol in sy begrip en toepassing van wiskunde gespeel het. “Mevrou Mostert het my laat besef wiskunde is nie so moeilik as wat ‘n mens dink nie – met harde werk kan ‘n mens jou vrees om foute te maak oorwin. Menere Mooney en Isaacs het my help verstaan hoe om wiskunde onderrig te gee.”

Hy is deur Fezekile se hoof, Thembeka Mabongo, ingeskryf vir die kompetisie. “Ons het vanjaar vir die eerste keer vir die kompetisie ingeskryf en is aangenaam verras met die uitslag,” het sy Dinsdag gesê.

Sy is vol lof vir Jansen. “Hy is ‘n baie toegewyde onderwyser wat sy vak met passie en energie aanbied. Hy wy baie van sy vrye tyd daaraan om ekstra wiskundekl­asse te gee, nie net vir leerders van ons skool nie, maar ook ander hoërskole in die dorp en elders in die Sentraal-Karoo.”

In Jansen se eie woorde: “My belangriks­te buitemuurs­e aktiwiteit is om ekstra wiskundekl­asse aan te bied.”

 ?? Foto: WKOD ?? Philip Jansen voor die klas.
Foto: WKOD Philip Jansen voor die klas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa