Oudtshoorn Courant

SA Woodroffe-pluimbalto­ernooi in Hartenbos

-

Die SA

Woodroffet­rofeepluim­baltoernoo­i wat vanaf 20 tot 27 Oktober in die ATKV Skoffelsku­ur in Hartenbos plaasgevin­d het, het 80 mans- en 72 vrouespele­rs gelok.

Die toernooi het in twee afdelings plaasgevin­d, naamlik die SA Woodroffe-afdeling (10 spanne, spanne bestaande uit ten minste drie mans en drie vroue) en die SA Stavridis-afdeling (12 spanne, spanne bestaande uit minstens drie mans en drie vroue) wat onderskeid­elik ook in twee afdelings opgedeel is.

Spelers van Kaapse Wynland, Eden, Suidelike Gauteng, Noord Gauteng SANW, SAPD, Westelike Provinsie en KwaZulu-Natal het aan die kompetisie deelgeneem. Spelers van Limpopo is ook in van die spanne opgeneem.

Die nommer een mansenkels­pelers vir die twee afdelings Wessel Hartslief (Woodroffe) en Llewellyn Potgieter (Stavridis) is albei van Eden (George-klub), so ook die gemengde dubbels wenners Louwrens Schlebusch en Amanda Minnie (Woodroffe) en Llewyllyn Potgieter en Elodé Minnie (Stavridis) van albei afdelings. Die Sportman van die SA Woodroffe én SA Stavridis is ook albei van Eden (George-klub).

Uit die toernooi is ses spelers vir die SA Woodroffe-span en ses spelers vir die SA Stavridis span gekies om einde April 2019 aan die Challenger Cup deel te neem. Ses van die 12 spelers is Eden-spelers, waarvan almal van die George-klub is, wat ‘n groot prestasie is ten spyte van die feit dat die George-klub nie die nodige fasiliteit­e het om pluimbal op George te bevorder nie.

Foto’s: Grey Stopforth

 ??  ?? Amanda Minnie
Amanda Minnie
 ??  ?? Llewellyn Potgieter (B-liga Stavridis-sportman)
Llewellyn Potgieter (B-liga Stavridis-sportman)
 ??  ?? Louwrens Schlebusch (Woodroffe-sportman).
Louwrens Schlebusch (Woodroffe-sportman).
 ??  ?? Rona Janse van Rensburg
Rona Janse van Rensburg
 ??  ?? Heleen Fourie
Heleen Fourie
 ??  ?? Antoinette Janse van Rensburg
Antoinette Janse van Rensburg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa