Oudtshoorn Courant

SJB vergader en vereer

-

Louis Welman is verkies as die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsv­ereniging (SJB) se nuwe president met Wynand Fourie die nuwe voorsitter.

Die verkiesing het op Saterdag 3 November by die Emmaüs-sentrum in George plaasgevin­d.

Die volledige bestuur is Welman, Fourie, Mias Fourie, Christo Engelbrech­t, George Butler, Niaan Fourie, Reenen Potgieter, Flip Coetzee, Len Nel, Fermi Meyer, Natie Fourie, Jannie Swanepoel en Frans Viviers.

Tydens die vergaderin­g is verslag gedoen oor die aktiwiteit­e wat die afgelope jaar plaasgevin­d het en die finansiële state is voorgelê vir bespreking. Welman het gesê ‘n bedrywige jaar lê voor wat groot uitdagings aan die bestuur gaan stel. “Verskeie skietdae en ‘n kursus in die beheer van plaagdiere word in die vooruitsig gestel.”

Verskeie trofeë is tydens die geleenthei­d aan lede oorhandig wat gedurende die jaar presteer het. Renier van Greunen is aangewys as die beste senior skut en Leras van Zyl as beste junior skut van die jaar. Dit is duidelik dat die skietvernu­f in die Van Zylfamilie se are loop, want Leras se ma, Junita, is aangewys as beste Chasa-student, met ‘n gemiddeld van 95%.

Welman het namens die SJB, lede asook nie-lede uitgenooi om in te skryf vir die jaarlikse ghong-uitdaging wat 17 November naby De Rust sal plaasvind. Die kompetisie gaan in spanverban­d aangebied word en elke span bestaan uit vier skuts.

Vir meer inligting oor skietdae en kursusse kan die SJB kantoor gekontak word by 044 695 2319. Die webtuiste kan besoek word (www.suidkaapja­gters.co.za) of e-posse kan gestuur word na info@ suidkaapja­gters.co.za.

Die SJB-bestuur wens al sy lede ‘n geseënde Kersfees en voorspoedi­ge nuwe jaar toe.

 ??  ?? Leras van Zyl (beste junior skut) saam met Wynand Fourie.
Leras van Zyl (beste junior skut) saam met Wynand Fourie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa