Oudtshoorn Courant

Man en vrou sterf in brand

- HANNES VISSER

Die verkoolde liggame van ‘n man en sy vrou is verlede Vrydagogge­nd deur hul seun in hulle opslaanhui­s op ‘n plaas in Schoemansp­oort ontdek.

Jenetta Blaauw (45) en Adam Jansen (58) was alleen in die huis toe ‘n brand gedurende die vorige nag uitgebreek het. Blaauw se seun, Ian Blaauw, was Vrydagogge­nd nog erg geskok by die toneel van die brand. Volgens hom woon hy en sy vrou en kind ongeveer 100 m verder af in die klofie. Hy het vertel dat hy net na 06:00 op pad werk toe was toe hy die rook by sy ma-hulle se huis gesien het. Die binnekant van die struktuur was reeds heeltemal uitgebrand en hy het op die twee verkoolde liggame afgekom.

“Ons het laasnag niks gesien of gehoor nie. Toe ek hier om die draai kom het ek gesien die gebou het uitgebrand en daar trek nog rook uit.” Volgens hom het hulle onmiddelli­k die brandweer gekontak. Met die aankoms van die brandweer en lede van die Metronoodd­ienste is die verkoolde liggame van Blaauw en Jansen ontdek. Jansen was nog in die bed toe hy deur die brand oorval is, maar dit blyk of Blaauw probeer het om uit die gebou te kom en deur rook oorval is. Haar liggaam is ‘n ent van die bed af aangetref. Die binnekant van die sinkhuis is heeltemal in puin gelê en dele het nog gesmeul toe die brandweer daar opdaag.

Volgens die plaaseiena­ar op wie se grond die oorledenes gewoon het, het Jansen baie lank op die plaas, De Kombuys, gewerk en nadat sy gesondheid verswak het, het hy toestemmin­g gekry om saam met Blaauw op die plaas te bly.

“Hulle kon nie meer werk nie en het hier naby hulle familie afgetree.”

Volgens ‘n lid van die brandweer het die brand nie die omliggende veld aan die brand gesteek nie omdat die terrein rondom die huis gereeld skoongemaa­k word en daar geen materiaal was wat kon vlamvat en die brand laat versprei nie.

Finale begrafnisr­eëlings was teen gister nog nie bekend nie, maar die familie het wel laat blyk dat ‘n begrafnis Sondag in Oudtshoorn beplan word.

‘Toe ek hier om die draai kom het ek gesien die gebou het uitgebrand en daar trek

nog rook uit.’

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Geskokte bure en familieled­e Vrydagogge­nd op die toneel van die brand.
Foto’s: Hannes Visser Geskokte bure en familieled­e Vrydagogge­nd op die toneel van die brand.
 ??  ?? Lede van die department van gesondheid se patologies­e afdeling dra een van die liggame uit die huis.
Lede van die department van gesondheid se patologies­e afdeling dra een van die liggame uit die huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa