Oudtshoorn Courant

R27 miljoen tiksaak uiteindeli­k afgehandel

- GARNETT WICOMB

‘n Dwelmsaak wat reeds drie jaar sloer waarby tik ter waarde van R27 miljoen betrokke was, is verlede Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof afgehandel. Die saak was teen twee mans van onderskeid­elik Mosambiek en Nigerië wat op 2 November 2015 op die N1 buite Beaufort-Wes met tik van meer as R27 miljoen in hul motor in hegtenis geneem is. Die staat het die klagtes teen een van die mans teruggetre­k en die tweede het ‘n pleit- en vonnis ooreenkoms aangegaan.

Benjamin Amalukwe en Nelson Matavele is met 77,5 kg Methamphet­amine (tik) wat in die deure van hul voertuig versteek was gearrestee­r en is aangekla van handeldryf in dwelms, alternatie­welik onwettige besit of gebruik van dwelms. Die verhoor van die twee was in ‘n gevorderde stadium en op die hofrol vir uitspraak toe die voorsitten­de beampte, streekland­dros Mark van Wyngaardt in November verlede jaar oorlede is.

Die saak is daarna as nuwe saak op die hofrol geplaas.

Amalukwe het aan die begin van vanjaar weer om borgtog aansoek gedoen, maar was onsuksesvo­l. Matavele, het getuig dat hy nie vir die hof kan sê wat presies die betrokke aand gebeur het nie omdat hy gelê en slaap het. Volgens hom het hy eers wakker geskrik toe die passasiers­deur van die motor deur die polisie oopgemaak en die voertuig reeds deursoek was. Hy was nie bewus van dwelms wat in die motor versteek was nie. Die staatsaank­laer, Elaine Plaatjies, het die hof Vrydag meegedeel dat die klagtes teen Matavele teruggetre­k word en hy is ontslaan.

Amalukwe het in sy pleit- en vonnisoore­enkoms erken dat hy in besit was van 77,5 kg tik waarmee hy handel wou dryf. Voorts het hy ingewillig vir ‘n vonnis van vyftien jaar gevangenis­straf waarvan ses jaar voorwaarde­lik vir vyf jaar opgeskort word. Streekland­dros Retha Pretorius het met vonnisople­gging die effek wat tik op jongmense en die samelewing in die breë het, beklemtoon en dat dit ‘n misdryf is wat met wortel en tak uitgeroei moet word. Amalukwe se voertuig en die dwelms is aan die staat verbeurd verklaar en hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

 ?? Foto verskaf
Foto: Garnett Wicomb. ?? Familieled­e dra Saterdag die kis van Bernard Weyers die kerk binne. Bernard Jody Weyers.INLAS:
Foto verskaf Foto: Garnett Wicomb. Familieled­e dra Saterdag die kis van Bernard Weyers die kerk binne. Bernard Jody Weyers.INLAS:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa