Oudtshoorn Courant

Stilbaai lokaas vir Eden-hengelaars

-

Die Suid-Kaapse hengelaars, verbonde aan die Edenhengel­vereniging het in die Stilbaai-omgewing meegeding in die derde somerliga van dié vereniging.

Die ligakompet­isie het op Saterdag 3 November plaasgevin­d. Stilbaai-hengelklub het aan hul eie kuslyn die dag se kompetisie met 127.60 punte gewen en ook die tophengela­ar, Henry Terblanche, opgelewer. Terblanche het 126.79 van sy span se punte bygedra.

Johan van Rensburg (o.16) van Mosselbaai-hengelklub was met 13.88 punte die top-junior hengelaar.

Ander kategoriew­enners is: Top o.21: Luan Els van Tritonheng­elklub (Mosselbaai) - 30.74 punte.

Topmeester: Deon Naude van Triton-hengelklub - 19.48 punte.

Topgrootme­ester: Peet May van Mosselbaai-hengelklub - 9.32 punte.

Die grootste eetbare vis, ‘n kabeljou van 22,02 kg is deur Matthew Sumner van Stilbaaihe­ngelklub gevang, terwyl die swaarste oneetbare vis, ‘n swartpylst­ert van 111,88 kg deur Henry Terblanche van Stilbaaihe­ngelklub ingeweeg is.

Die totale massa van 860,61 kg vis is deur die 158 hengelaars geland. Dit sluit in 108 oneetbare- en 37 eetbare vis. Al die vis is lewendig teruggepla­as om bewaring te bevorder.

Die klubposisi­es na afloop van die kompetisie is:

A-liga (klub, punte)

Stilbaai: 376.39 Atlantic: 322.11 George: 314.98

Triton: 277.93 Outeniqua: 259.65 Knysna: 255.04 Mosselbaai: 143.36

B-liga (klub, punte)

Stilbaai: 299.92 Triton: 230.27

George: 187.84 Outeniqua: 156.55 Atlantic: 140.06 Knysna: 109.47 Mosselbaai: 93.00

C-liga (klub, punte)

George: 89.08 Outeniqua: 48.79 Atlantic: 34.74 Stilbaai: 26.37 Knysna: 22.37

Triton: 7.65

Die top-3-hengelaars na die derde kompetisie is Henry Terblanche (146.99), Renier van Rooyen (123.54) en Renier Nortjé (103.83).

 ??  ?? Luan Els met ‘n bulrog-pylstert van 30,74 kg. Nico Basson van Triton-hengelklub (Mosselbaai) se kabeljou van 11 kg.
Luan Els met ‘n bulrog-pylstert van 30,74 kg. Nico Basson van Triton-hengelklub (Mosselbaai) se kabeljou van 11 kg.
 ??  ??
 ??  ?? Danie Lodewyk (jnr) met ‘n belman van 1,01 kg.
Danie Lodewyk (jnr) met ‘n belman van 1,01 kg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa