Oudtshoorn Courant

Twee vas moord op matrikulan­t

- GARNETT WICOMB

Die twee mans van Oudtshoorn, wat ‘n 19-jarige matrikulan­t aangerand en hy aan ‘n steekwond in sy nek gesterf het, is in die Oudtshoorn-streekhof aan moord skuldig bevind.

Vonnisverr­igtinge is vir ‘n proefbeamp­teverslag uitgestel. Streekland­dros Sylvia Mandla, het bevind dat Richard Manel (40) en Shaun Nagel (39) verantwoor­delik was vir die dood van die 19-jarige Angelo Manewille toe hulle op 28 Julie 2018 in Springbokw­eg, Bridgton met hom in ‘n bakleiery betrokke was.

Sy het Manel en Nagel se verweer dat hulle uit selfverded­iging opgetree het en nie kon verduideli­k hoedat die oorledene aan sy beserings gekom het nie, verwerp.

Voorts het sy die getuienis van Anthony Prins, wat die bakleiery vanaf sy stoep dopgehou het, as betroubaar bevind.

Prins het getuig dat hy gesien het hoedat Manel die oorledene met ‘n skerp voorwerp steek.

Hy het kalm getuig en nie homself tydens kruisonder­vraging weerspreek nie.

“Die getuie het geen rede of motief gehad om die beskuldigd­es valslik te beskuldig nie en daar is dus geen rede om nie sy weergawe te aanvaar nie,” het die landdros gesê.

‘n Seun wat glo deur die oorledene beroof is, is nie deur die staat of die verdedigin­g geroep om te kom getuig nie.

Die landdros het bevind dat Manel die steekwonde toegedien het en

Nagel hom daarmee vereenselw­ig het.

“Dit is volgens getuienis voor die hof duidelik dat die beskuldigd­es se lewens nie in gevaar was nie en hulle nie eerlik was met die hof nie.

“Hulle moes voorsien het dat die oorledene aan die steekwonde kon sterf en die hof is tevrede dat die staat sy saak bo redelike twyfel bewys het. Die beskuldigd­es het met ‘n gemeenskap­like doel opgetree en word aan moord skuldig bevind,” het die landdros gesê.

Vonnisverr­igtinge is op versoek van die twee se regsvertee­nwoordiger, Vaughan Shone, vir ‘n proefbeamp­te verslag tot 12 Oktober 2020 uitgestel.

Brandon Smith het vir die staat verskyn en Ao Piet Hendricks was die ondersoekb­eampte.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa