Oudtshoorn Courant

Die Trump-argument

-

Soos met alles in die lewe verskil mense se menings oor bekendes. Of dit nou Steve Hofmeyr is, wat vir sommige die ridder op 'n wit perd is, en vir ander 'n steen des aanstoots, en of dit nou Bobby en Karlien of Karen Zoid is, elkeen het 'n opinie.

Ek het 'n rukkie gelede op Facebook kommentaar gelewer oor Donald Trump wat sy kennis oor bosbou met joernalist­e deel. Volgens sy verduideli­king neem dit groot bome wat omval omtrent 18 maande om so droog soos vuurhoutji­es te word en as daar dan 'n brand ontstaan "explode" die gesneuweld­e bome. Maar, ontploffen­de bome is nie uniek aan die VSA nie, sê hy. Hy reken hy het met 'n groot leier in Europa gepraat, wie se naam hy nie noem nie, maar volgens die man ontplof Europese bome ook, maar nie naastenby op so 'n groot skaal soos Amerikaans­e bome nie. In die video lei mens af dat Trump een of ander owerheid in Amerika blameer vir die verwoesten­de brande want, hulle maak nie groot genoeg voorbrande om die brande te keer nie. Of ten minste is dit wat ek afgelei het. Die joernalist­e wou hom nog 'n paar vrae oor die ontploffen­de bome vra, maar hy verduideli­k toe "Let me just get to this thing first and then we'll talk again". "This thing" is blykbaar 'n afspraak waarheen hy op pad was.

Die reaksie op my plasing was uiteenlope­nd soos mens kan verwag. Die stoere Trump-ondersteun­ers het te velde getrek en die Trump-haters het hartlik saamgestem en saam gelag vir die man se manier om goed waarvan hy min weet te probeer uitdruk. Maar, daar was ook 'n derde groep wat wou weet hoekom ek met Trump neuk, want ons het ons eie kwessies.

Dit is nogal 'n relevante vraag. Wat het Trump se manewales met ons te doen? My antwoord is; alles.

As ons in die algemeen na Trump se reaksies op verskeie kwessies kyk, is daar vir my een gemene deler; alles is iemand anders se skuld.

Dis of die Chinese, of die WGO, of die Meksikane of die korrupte media, maar vir elke kwessie is daar iemand wat blameer word. En, mense sien en hoor dit en daardie verskuiwin­g van blaam raak die norm. Kyk maar wat gebeur by die Zondo-kommissie, waar elkeen wat verskyn, iemand anders blameer vir wat gesteel is.

'n Tweede Facebook-plasing wat interessan­te kommentaar ontlok het, was een waar ek genoem het dat die Weskus se dorpe oor die algemeen so skoon en netjies is en dat ons dalk daar iets kan leer. Behalwe vir die een persoon wat voel my plasing was rassisties en dat ek my "baas maniere" wys (regtig?) was die meeste kommentare op ons plaaslike regering gemik. Dit is interessan­t, want ek het nêrens na munisipali­teite verwys nie, maar mense het dadelik aangeneem dit is wat ek bedoel. Ek kan nie onthou dat daar een persoon was wat gevoel het ons as inwoners het 'n groot rol om te speel om die dorp skoon te hou nie. En daarmee is ons weer terug by Trump se onvermoë om te erken dat hy oor sommige goed geen kennis het nie en soms ook verantwoor­ding moet neem vir goed wat verkeerd loop.

Dit voel vir my of ons so vasgevang is in die proses om foute op ander plekke te soek en dan vergeet dat ons self 'n verskil kan maak. In Hoogstraat is 'n koffiewink­el waar die eienaar gereeld plantjies op die sypaadjie plant, maar niks kry kans om regtig te groei nie, want dit word of gesteel of verniel. Toe ek gisterogge­nd 'n draai maak vir die dag se versterkin­g, sien ek hy het weer splinternu­we plantjies in die krake in die sypaadjie geplant. Dalk hoef ons nie al die pad Weskus toe te gaan om iets te leer nie, ons kan sommer hier om ons kyk.

 ??  ?? deur: Hannes Visser
deur: Hannes Visser

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa