Oudtshoorn Courant

Watervlakk­e styg aansienlik

- HANNES VISSER

Die vlak van die Raubenheim­erdam wat vroeër vanjaar onder 50% was, het die afgelope maand drasties gestyg. Na goeie reënval die afgelope aantal maande was die damvlak 'n week gelede op 63%, maar na uitstekend­e reënval in die opvangsgeb­ied het dit binne 'n week teen Maandag 12 Oktober, tot 76% gestyg. Met die Melvilleda­m wat vol is en 5% van die Raubenheim­erdam se inhoud bevat, is die totale watervlak tans 81%.

Volgens 'n verklaring wat Maandag deur Ntobeko Mangqwengq­we, kommunikas­ie beampte van die Oudtshoorn munisipali­teit uitgereik is, kan die water be perkings wat reeds drie jaar gelede ingestel is, nou hersien word. Die raad moet egter die aanpassing of opheffing van die huidige water be perkings eers goedkeur voordat dit in werking kan tree.

Chris Macpherson, uitvoerend­e burgemeest­er van Oudtshoorn, is verheug oor die styging van die dam se watervlak, maar ook vol lof vir die wyse waarop inwoners die water be perkings nagekom het. "Ons opregte dank aan elke inwoner van Oudtshoorn wat met die munisipali­teit saamgewerk het sedert die aankondigi­ng van' n droogte noodtoesta­nd drie jaar gelede. Ons wil inwoners egter vra om steeds water te bespaar, want die weer is onvoorspel­baar en elke druppel is steeds kosbaar," het hy Maandag gesê. Hy het bygevoeg dat Oudtshoorn nie graag weer in die situasie van die afgelope drie jaar wil beland nie en dat verbruiker­s hulle huidige patroon van omsigtige waterverbr­uik moet voortsit, want water bly steeds 'n skaars en uiters noodsaakli­ke natuurlike hulpbron.

Dit blyk dat boere in die Calitzdorp omgewing ook 'n effense verligting van die droogte ervaar. Volgens Boets Nel van De Krans wynkelder is die Calitzdorp­dam wat op kritiek-lae vlakke was, nou op 60% na die afgelope naweek se reënval van 18mm. Volgens hom is daar nou vir die eerste keer in vyf jaar genoeg water noord van die Gankarivie­r. Landbouers suid van die rivier is egter steeds benoud, want hulle kry water uit die Gamkapoort­dam wat tans op 4% is. "Maar, ons hoop en glo dat daardie dam se tyd vir water ook naby is," sê Nel.

 ??  ?? Die damvlak in 2018.
Die damvlak op 13 Oktober 2020.
Sien ’n video by www.oudtshoorn­courant.com
Die damvlak in 2018. Die damvlak op 13 Oktober 2020. Sien ’n video by www.oudtshoorn­courant.com
 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? Die vlak van die Raubenheim­erdam soos dit tans op 76% daar uitsien.
Foto’s: Hannes Visser Die vlak van die Raubenheim­erdam soos dit tans op 76% daar uitsien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa