Oudtshoorn Courant

‘Hy speel nou in die hemel’

- PAULA-ANN SMIT

Spontaan, lewenslust­ig en vol kinderlike opwinding.

Só sal die negejarige Sanjay Borman van Cradock onthou word. Sy liggaam is op 9 Oktober gevind, nadat hy sedert 17 September vermis was.

Sanjay, ’n gr. 2-leerder by Laerskool Michausdal, is laas opgemerk by die walle van die Groot Visrivier. Dit is in hierdie stadium onduidelik wat die oorsaak van Sanjay se dood was, aangesien 'n lykskouing nog gedoen moet word.

"Hy was ’n baie gelukkige kind, wat altyd gelag en gespeel het," het Sanjay se onderwyser, Leandré Felix, aan die Graaff-Reinet Advertiser vertel. "Hy het soos ’n takbokkie beweeg en was lief om sy voete te sleep met plakkies agterna."

Volgens Felix was Sanjay goedgemani­erd en het goed met sy maats oor die weg gekom. Hy het ook altyd geluister in die klas en aktiwiteit­e met ywer en entoesiasm­e aangepak. Hy kon ook lekker gesels en het nie gehuiwer om vrae te beantwoord nie. "Wanneer hy na skool gespeel het was sy gesig en lyf asvaal soos hy hom geniet het en in die sand gespeel het," het Felix bygevoeg. "Jy kon hoor dis Sanjay wat daar buite lag, gesels en speel."

Nuus oor Sanjay se dood het groot hartseer in en om Cradock veroorsaak, met honderde gemeenskap­slede wat hul meegevoel op sosiale media betuig het. "Rus sag, engelkind, ons sal jou altyd onthou," het Felix gesê. "Jy is veilig by Liewe Jesus en speel nou met jou ander Engelmaatj­ies."

Aberdeen-kind steeds vermis

Daar is nog geen nuwe verwikkeli­nge in die geval van die vermiste Aberdeen-dogtertjie, TriAnnette 'Kleintjie' Mintoor (6) nie.

Kleintjie is al vir meer as 70 dae soek, nadat sy op 29 Julie as vermis aangemeld is. Kleintjie het op 'n plaas in Aberdeen saam met haar ouers, plaaswerke­rs Abraham en Felicity Reiners, gewoon. Ten tyde van haar verdwyning is berig dat Kleintjie op 27 Julie die huis verlaat het om te kyk hoe 'n groep werkers skape op 'n ander plaas skeer. Sy is laas op 28 Julie omstreeks 18:00 gesien toe sy na bewering alleen die pad huis toe aangedurf het.

Sy is laas gesien in 'n blou hemp, blou denim en wit en swart drafskoene. Enigiemand met inligting kan die Aberdeenpo­lisie skakel by 049 846 0413.

 ??  ?? Sanjay Borman
Sanjay Borman
 ??  ?? Tri-Annette ‘Kleintjie’ Mintoor is steeds vermis.
Tri-Annette ‘Kleintjie’ Mintoor is steeds vermis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa