Oudtshoorn Courant

Ongeluk eis fietsryer se lewe op grottepad

- LIEZL VAN NIEKERK

'n Klag van strafbare manslag word ondersoek na die 73-jarige Francois Bruintjies Saterdag op die grottepad op sy fiets doodgery is.

Kapt. Louis Visser, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-polisie, het gesê dat Bruintjies, wat op een van die plase in die Buffelsdri­ft-omgewing gewoon het, na bewering by een van die plaasingan­ge uitgekom het en op die hoofpad voor 'n aankomende voertuig ingedraai het. Die voertuig wat hom getref het, was vanaf Oudtshoorn in die rigting van die grotte onderweg. Die bestuurder was 'n 73-jarige vrou.

Met die aankoms van Oudtshoorn Courant was die toneel reeds afgesper en was polisie en paramedici by die voertuig waar die oorledene se liggaam gelê het. Na wat verneem word het die bestuurder van die Rav4 nie beserings opgedoen nie en is sy vir skok behandel en per ambulans na die hospitaal geneem.

Omstanders het die joernalis gewys waar die fiets gelê het. Volgens 'n getuie het die fiets die voertuig reg van voor getref en Bruintjies het deur die windskerm tot binne in die voertuig geval. Die bestuurder het waarskynli­k van skok etlike honderd meter verder met die liggaam in die motor gery. Sy het links van die pad afgery en op twee plekke deur die plaasheini­ng gery voordat sy 'n padmerker van beton op die skouer van die pad getref het. Die voertuig het naby 'n kleutersko­ol, wat reg langs die pad geleë is, tot stilstand gekom.

Geskokte familieled­e van die oorledene was binne minute op die toneel.

 ?? Van Niekerk Foto’s: Liezl ?? Die liggaam van Francios Bruintjies langs die voertuig etlike honderd meter van waar die voertuig hom op sy fiets getref het.
Van Niekerk Foto’s: Liezl Die liggaam van Francios Bruintjies langs die voertuig etlike honderd meter van waar die voertuig hom op sy fiets getref het.
 ??  ?? Die fiets lê ongeveer 500 meter van waar die voertuig na die botsing tot stilstand gekom het.
Die fiets lê ongeveer 500 meter van waar die voertuig na die botsing tot stilstand gekom het.
 ??  ?? Die Toyota Rav wat in die ongeluk betrokke was.
Die Toyota Rav wat in die ongeluk betrokke was.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa