Oudtshoorn Courant

Nood leer bid en alternatie­we soek

- HANNES VISSER

Vir sommige ondernemin­gs was Covid-19 'n verdoemend­e slag, maar vir ander was dit die aansporing om kreatief te dink. Met die droogte van die afgelope aantal jare het landbou en veral die wynbedryf in die Klein-Karoo reeds 'n moeilike 2020 in die gesig gestaar en toe slaan Covid-19 toe. De Krans wynkelder op Calitzdorp was een van die landbou-ondernemin­gs wat planne moes beraam.

"Dit was sink of swem, finansieel en emosioneel, as ‘n besigheid, as ‘n span en as individue. Ons hele bistro, wynproelok­aal en plaaslike wynverkope was gesluit met geen lig aan die einde van die tonnel nie," sê Boets Nel, eienaar van De Krans. Hy verduideli­k dat hulle eerste prioriteit was om die 29 permanente werkers in diens te hou en dat dit beteken het hulle moes produktief ingespan word.

"Ons kon nie wyn verkoop nie en items soos ou houtvate, kurke, leë wynbottels en natuurlik wingerdlot­e was volop en ons het koppe bymekaar gesit om hierdie herwinbare items in iets bruikbaar en aantreklik te omskep en so is die Bloeiselpr­ojek gebore," verduideli­k hy.

Volgens Nel het die personeel van De Krans se bistro en proelokaal saamgespan om produkte te ontwerp en te maak.

Hy sê die projek was 'n uitdaging, want skielik moes kokke, kelners en wynpakkers ’n nuwe handvaardi­ghede aanleer en verborge talente ontdek. Daar is op die naam Bloeiselpr­ojek besluit omdat die gewilde Bloeiselfe­es wat reeds vir jare aangebied word, vanjaar waar die appelkoosb­loeisels die mooiste in jare is, deur Covid-19 gekelder is. "Alhoewel die grendeltyd­perk ons lewenstemp­o aansienlik stadiger gemaak het, het die tempo van werk nie afgeneem nie. Die snoei van wingerde vir die 2021 oes en alle ander werk moes soos gewoonlik voortgaan.

"Ons hoop dat hierdie projek sal ontwikkel in ‘n deurlopend­e winterproj­ek tydens die maande wanneer dit normaalweg stil is by die bistro en die wynproelok­aal. Ons is ook opgewonde om ‘n positiewe bydrae te maak om besoedelin­g te bekamp, deur aan te hou om hoofsaakli­k herwinbare materiale te gebruik vir ons projek," sê Nel.

"Met die afwesighei­d van internasio­nale toeriste, het ons nederig afhanklik geword van ons plaaslike besoekers om ons deur hierdie moeilike tyd te kry. Ons wil opreg dankie sê vir elkeen se deurlopend­e, volgehoue en lojale ondersteun­ing."

Volgens Nel kon hulle daarin slaag om al 29 permanente werknemers wat na 120 familieled­e omsien, te behou. Die produkte wat as deel van die Bloeiselpr­ojek gemaak word is tans slegs by De Krans se proelokaal en bistro op Calitzdorp beskikbaar.

 ?? Foto’s verskaf ?? Heletje Viljoen (proelokaal­bestuurder) en Deon van der Bank (bistrosjef) was die inisieerde­rs van die Bloeiselpr­ojek waarby die hele personeel van die proelokaal en bistro betrek is.
Foto’s verskaf Heletje Viljoen (proelokaal­bestuurder) en Deon van der Bank (bistrosjef) was die inisieerde­rs van die Bloeiselpr­ojek waarby die hele personeel van die proelokaal en bistro betrek is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa