Oudtshoorn Courant

Burgersdor­p het noodplan

- TERESA OPPERMAN

Burgersdor­p het onlangs ‘n noodplan aangekondi­g om die Covid-19-uitbraak te temper.

“Die voorkoms van Covid-19 onder die inwoners in Burgersdor­p het nou ‘n vlak van 906 per 100 000 bereik. Die Joe Gqabi-distriksmu­nisipalite­it oorweeg ‘n algehele inperking,” het Zolile Williamson, munisipale bestuurder, meegedeel. Daar was reeds vanaf Julie en Augustus uitbrake van Covid-19 in die dorp, en omliggende distrik en die reuse tekort aan water vererger die situasie.

Volgens Williamson het inwoners slegs toegang tot water vir sewe ure per dag elke tweede dag. Volgens inwoners het baie dele sedert die begin van 2020 slegs vir twee ure per dag op elke tweede dag water.

Noodherste­lwerk aan elektriese toerusting by boorgate, en onderhouds­werk by die Chiapinnis­klipdam word gedoen in ‘n poging om hierdie waterbeper­kings mettertyd hok te slaan.

Die styging in Covid-19-gevalle het tot 229 toegeneem sedert leerders by ‘n skool positief getoets het en verdere verspreidi­ng onder hul gesinne en kontakte waargeneem is.

Volgens Williamson was die distriksmu­nisipalite­it nie by magte om die waterbeper­kings op te hef tydens die grendeltyd nie, aangesien daar eenvoudig nie genoegsame water beskikbaar was vir al die inwoners nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa