Oudtshoorn Courant

Verkeersaf­deling onder groot druk

-

Met groot getalle mense wat daagliks in lang toue by die verkeersaf­deling wag, is die munisipali­teit verbind tot beter dienslewer­ing ten spyte van uitdagings.

In 'n persverkla­ring Dinsdag het Aurelia Oliphant, kommunikas­iebeampte van die munisipali­teit, gesê waarnemend­e munisipale bestuurder, Gerald de Jager, het self die lisensieka­ntore besoek om vas te stel hoe die proses bespoedig kan word.

Volgens Oliphant is een van die knelpunte dat daar slegs drie kassiere is waarvan twee tans in Covid-19-isolasie is. De Jager bedank inwoners vir hulle geduld en moedig hulle aan om hernuwings­aansoeke elektronie­s te doen.

"Om nie in lang toue te wag nie, het die Oudtshoorn-munisipali­teit via 'n aanlynpros­es 'n prosedure vir hernuwing van voertuigli­sensies geïmplemen­teer. Dit vat ‘n paar minute om dit aanlyn te doen en u kan u voertuigli­sensie binne drie dae afhaal by die verkeersde­partement sonder om in die ry te staan,” noem De Jager.

Volgens Oliphant help die lisensieaf­deling ongeveer 270 mense per dag by motorregis­trasies, met rybewyse en die voertuigto­etsstasie. In Julie is 2 286 motorregis­trasies en 1 567 rybewyse gedoen en in Augustus het dit verdubbel na onderskeid­elik 5 119 en 3078. In September was daar 6 693 motorregis­trasies en 1 559 rybewyse.

Nog 'n uitdaging volgens Oliphant, is motorhande­laars wat groot getalle voertuie het om te registreer en om dit aan te spreek is die munisipali­teit besig om te onderhande­l om spesiale tye oor naweke oop te wees, maar oortyd van personeel bly 'n uitdaging. De Jager gee die versekerin­g dat die munisipali­teit voort sal gaan om ander opsies te ondersoek om die agterstand wat tydens grendeltyd opgebou het, in te haal.

Inwoners wat registrasi­es aanlyn wil doen kan die webwerf https://online.natis.gov.za/#/ besoek.

 ?? Foto: Hannes Visser ?? Lang toue voor die lisensieka­ntore soos hierdie een in Augustus, is inwoners se voorland indien hulle nie die aanlyndien­s gebruik nie.
Foto: Hannes Visser Lang toue voor die lisensieka­ntore soos hierdie een in Augustus, is inwoners se voorland indien hulle nie die aanlyndien­s gebruik nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa