Oudtshoorn Courant

Virtuele Meiringspo­ort-wedlope

- WYNDHAM EWERTS

Honderde atlete regoor Suid-Afrika, wat ook Oudtshoorn­iete insluit, het verlede Saterdagog­gend douvoordag die Optimum Meiringspo­ort-wedlope aangepak wat vanjaar weens die Covid-19-regulasies virtueel beslis is.

Dit het beteken dat deelnemers op enige plek in die land die 21,1 km- en 12,5 km-wedlope tussen 06:00 en 18:00 op 10 Oktober kon voltooi.

Atlete wat betyds hul tye op die Optimum Meiringspo­ort se webblad voor Woensdag 14 Oktober ingedien het, sal ook 'n virtuele medalje ontvang.

Alle uitslae sal teen 18 Oktober op Optimum Meiringspo­ort se webblad beskikbaar wees. Op Oudtshoorn het bekende atlete soos Lampies Lamprecht en Jason Jafta, reeds vanaf 06:00 in nat weerstoest­ande op die Schoemansh­oekpad, hul slag gewys.

 ??  ?? Lampies Lamprecht (oranje T-hemp) in goeie luim saam met sy mededrawwe­rs.
Lampies Lamprecht (oranje T-hemp) in goeie luim saam met sy mededrawwe­rs.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Jason Jafta in aksie.
Foto’s: Wyndham Ewerts Jason Jafta in aksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa