Oudtshoorn Courant

Legends troef Firestones

- WYNDHAM EWERTS

Twee van die Oudtshoorn Premierlig­a vlakkiekri­eketontwik­kelingstoe­rnooi (OPL) se gedugste spanne, die Legends en Firestones, het verlede Sondag een van die opwindends­te wedstryde tot dusver in dié liga gespeel. Wedstryde is op die oop stuk veld langs die Bridgtonkl­iniek beslis. Die Legends kon in sy toegelate 20 boulbeurte daarin slaag om 116 lopies vir die verlies van nege paaltjies aan te teken. Vir die Legends het Juwandrè Tarentaal (38 lopies) die beste met die kolf gevaar. Damion Esau, veteraanbo­uler van die Firestones, het met die bal uitgeblink, en vier paaltjies vir 21 lopies in sy toegelate vier boulbeurte platgetrek.

Die Firestones het tydens sy kolfbeurt met reëlmaat paaltjies verloor, en dit was slegs Jadrian Plaatjies met sy vegtende 40 lopies, wat enigsins weerstand gebied het. As gevolg van suinige boulwerk deur die Legends se Neil Hendricks moes die Firestones uiteindeli­k met 90 lopies in sy 20 boulbeurte tevrede wees. Hendricks is ook welverdien­d as die speler van die wedstryd aangewys. Volgens die OPL se koördineer­der, Gavin Pietersen, sal die eindstryd op die 21 November plaasvind indien goeie weerstoest­ande dit toelaat. Die wenner van die OPL-toernooi sal ook vanjaar outomaties as die OPL se TOP8kampio­en aangewys word. Ander uitslae:

Neppon Warriors teen Hungry Lions

Hungry Lions wen die wedstryd met 41 lopies.

Teamplayer­s teen Prostars Teamplayer­s wen met 41 lopies. Spartans teen Spoilers

Spartans met 23 lopies. Dreamteam vs RCB Dreamteam wen met twee paaltjies.

Oukas Flights teen Moon Boys Oukas wen met drie lopies.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Thirstin Murphy, bouler van die Legends, stuur een van sy blitsballe af. Murphy is tans die SWD-krieket se snelbouler in die o.15ouderdom­sgroep.
Foto’s: Wyndham Ewerts Thirstin Murphy, bouler van die Legends, stuur een van sy blitsballe af. Murphy is tans die SWD-krieket se snelbouler in die o.15ouderdom­sgroep.
 ??  ?? Die Legends se Juwandrè Tarentaal (38 lopies) het die beste met die kolf gevaar.
Die Legends se Juwandrè Tarentaal (38 lopies) het die beste met die kolf gevaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa